Eend met lemoen sous

Bestanddele
1 Eend
15 ml Margarien
200 ml Wit Asyn of droë witwyn
3 lemoene
1 suurlemoen
25 ml Suiker
10 ml Suurlemoensap
37,5 ml brandewyn
15 ml Mielieblom
1 lemoen, in skywe gesny
Sout & Peper

Metode
Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer eend met margarien en sprinkel met sout en peper.
Plaas eend en asyn of wyn in oondskottel en bak 30 minute vir elke 450 gram rou gewig. Bedruip kort-kort. Rasper skil van 1 lemoen en druk sap van al die lemoene en die suurlemoen uit. Los suiker in 10 ml suurlemoensap op in ‘n kastrol. Verhit tot donkerbruin karamelkleur. Voeg brandewyn, lemoen- en suurlemoensap by die karamel en prut vir 5 minute. As eend gaar is, verwyder uit oondskottel en skep ekstra vet af. Voeg lemoenskil en lemoen sous by. Meng mielieblom met bietjie water en voeg by sous. Roer tot verdik en sit voor saam met eend. Garneer eend met lemoenskywe en lemoenskil.

Advertisements