Eenpot Hoendergereg

Dankie vir jou resep Jan

Hierdie is ook ‘n diabetiese resep 
10ml Olyfolie
1 Groot ui gekap
3ml Gemaalde knoffel
4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder in stukkies gesny
2 Groot wortels in dik skywe gesny
3 Baba murgpampoentjies in dik skywe gesny
4 Gakapte tamaties
1 Eetlepel tamatiepasta
½ Teelepel Cayennepeper
5ml Droë origanum
½ Koppie water
1 x 410g Blik gebakte boontjies in sous
1 x 410g Blik botterbone gedreineer
½ Teelepel sout
5ml Vars swartpeper
30ml Gekapte pietersielie
Metode:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die ui en knoffelvir 5 minute. Voeg die hoender by en braai bruin. Voeg die wortels, pampoentjies, tamaties, pasta, cayennepeper, sout en origanum by. Voeg die water by, plaas deksel op en prut vir 30 minute. Voeg die bone en pietersielie by en prut nog 5 minute.  Bedien op porsies pap of mielierys of kapokaartappels. Lewer 6 porsies.
Advertisements