EENSTAP MAALVLEISGEREG (4 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 ui, gekap,
500 g maalvleis,
250 ml rou rys,
25 ml kookolie,
10 ml sout,
1 ml rooipeper,
5 ml paprika,
1 ml neutmuskaat,
125 ml tamatiesous,
100 ml tamatiepuree,
250 ml bevrore groenbone, gekerf,
650 ml kookwater,
125 ml gerasperde kaas.

VARIASIE:  Voeg 10 ml kerriepoeier by en laat kaas weg.

Metode
Verhit olie in kastrol en braai gekapte uie en vleis daarin tot vleis verkleur.

Meng res van bestanddele saam en meng by vleis in.

Skep in skottel en bak 1 uur by 160*C.

Strooi kaas bo-oor en bak verder vir 10 min.

MIKROGOLF:  Mikrogolf 12 minute lank (bedek) by 11% krag en dan 15 minute lank by 20%.

Verwyder deksel, strooi kaas bo-oor en mikrogolf 15 minute lank by 20% krag.

Advertisements

Eenpot maalvleisgereg met chakalaka en butternut

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele en Metode
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)

Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.

Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.

Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.

Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder

Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.