Perfekte gekookte eiers

Frik

Bestanddele
Eiers soos benodig
Ys

Metode Kook
Gooi genoeg water in die pot, om die eiers te bedek. Sit water op die stoof en kook. Sodra die water kook, plaas die eiers versigtig een vir een in die water. Kook nou so 12 minute. Gooi water in ‘n bak met baie ys. Na die kooktyd skep die eirs uit die pot en plaas in yswater vir sowat 5 minute.

Metode Dop
Plaas nou ‘n kerf bord op die kas. Neem een eier in joou hand en kapp liggies teen die kerfbord. Maak jou hand oop en plaas die eiers onder jou handpalm en rol liggies vorentoe en agtertoe. Die dop sal kraak. Trek nou die dop af, en siedaar die eier s perfek gekook en afgeskil.

Hoekom
Indien jy ‘n eier in ‘n pot water sit en dan die plaat aansit sit die eier uit. Die wit gaan sit aan die dop vas. Wanneer jy egter die eier in warm water sit trek die wit weg van die dop af.

Roer die eiers liggies met ‘n houtlepel sodat die gel mooi perfek in die middel gaan lê.

Advertisements
 

TUNA EN MASALA SOUFFLE

Woumarie
‘n RSG Resep

Bestanddele
1 blikkie tuna
¼ ui, fyngekap
2 eetlepels botter
1 eetlepel olie
1 eetlepel masalaknippie sout
3 eiers, geskei
¾ koppie melk
3 eetlepels meel
1 eetlepel fyngekapte danja (koljander)

METODE
Verhit oond tot 160 grade Celsius. Braai uie in olie en botter. Voeg masala en meel by soos jy ‘n witsous sal maak. Roer melk by.
Roer drie eiergele by (eiergele moet gaar word, maar jy wil nie roereier maak nie) Voeg tuna en danja by. Laat sous afkoel terwyl jy die drie eierwitte styf klits. Vou die eierwit in die sousmengsel in. Sit dit in ‘n groot bak wat met botter gesmeer is, of in kleiner porsie bakkies. Bak vir 45 minute. Dit is heerlik met pampoen

 

KERRIE-EIERS  MET  MIELIES

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele: 
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
olie
10 ml kerriepoeier
300 ml hoenderaftreksel
sap en skil van ‘n halwe suurlemoen
30 ml blatjang
30 ml suiker
1 blik (420 g) geroomde suikermielies
15 ml koekmeelblom
sout & swartpeper
4 – 6 eiers, hardgekook.

Metode: 
Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag.  Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog ‘n bietjie.  Giet die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt.  Voeg die sap en skil van die suurlemoen by asook die blatjang, suiker en suikermielies.  Laat goed kook en verdik dan die sous met meelblom wat aangemaak is met ‘n bietjie water.  Voeg die eiers by en verhit tot die eiers deurwarm is.  Dien op saam met rys, piesangskyfies, blatjang en klapper indien verkies.

 

 

BROOD-EN-EIERGEREG

Rika Theron

Bestanddele
6 snye brood, met botter gesmeer,
6 eiers, tamaties,
sout,
gerasperde kaas,
ontbytspek,
peper,
melk.

Metode
Pak ‘n laag brood in gesmeerde bak.  Sny ‘n paar skywe tamatie bo-oor, sprinkel sout, peper en ‘n laag kaas oor.  Pak nog ‘n laag brood en tamatie, plaas ‘n paar repies spek bo-op en strooi ‘n dik laag kaas oor.  Klits eiers en melk goed met sout en peper en gooi bo-oor.  Bak in matige oond tot eiers gaar is.

 

SKILLIE SE KERRIE EIERS

 

 

 

 

 

10 HARDGEKOOKTE EIERS EN AFGEDOP EN GEHALVEER.

2 X UIE IN RINGE GESNY

3 X EETLEPELS KOEKMEEL

1 X EETLEPEL BOTTER

1 X TEELEPEL BORRIE

2 X EETLEPELS KERRIE (NA SMAAK)

1 X EETLEPEL ATJAR MASALA

2-3 EETLEPELS SUIKER

2 X KOPPIES WATER

½ KOPPIE WIT DRUIWE ASYN

½ KOPPIE CHEDDAR KAAS.  (OF ENIGE STERK KAAS)

½ KOPPIE BLATJANG

1 X EETLEPEL APPELKOOSKONFYT

 

1)    BRAAI UIE TOT LIGBRUIN.,

2)    SKEP  UIT EN HOU EENKANT.

3)    OOR LAE HITTE SMELT BOTTER IN KASTROL

4)    VOEG MEELBLOM BY EN ROER TOTDAT  DIT KLONTERIG IS.

5)    VOEG NOU DIE WATER BY EN BRING TOT KOOKPUNT ,

6)     ROER TOT ‘n GLADDE TEKSTUUR VERKRY WORD.

7)    VOEG NOU DIE SUIKER BY ASOOK DIE ASYN EN BRING WEER TOT KOOKPUNT TERWYL GEROER WORD.

8)    VOEG NOU DIE KERRIE, ATJAR MASALA, BORRIE, BLATJANG, APPELKOOSKONFYT   BY DIE KOKENDE MENGSEL

9)    VOEG NOU DIE UIE BY DIE MENGSEL EN ROER DEUR.

10)    ROER NOU DIE GERASPERDE KAAS BY DIE MENGSEL.

11)    GOOI SOUS OOR DIE GEHALVEERDE EIERS EN LOS VIR 30 MINUTE OM AF TE KOEL.

12)    BEDIEN SAAM MET BRAAI VLEIS..

Resep geplaas met vergunning van Peet Mulder

Bedien saam met jou volgende braaivleis gaan nie spyt wees nie. Vra vir nog

Hierdie was op n stadium n heerlike Sondag aand ete saam met roosterbrood

 

Ham en aartappelskyfie gereg

Wanda-Marie Lundly

Bestanddele
500ml fyn aartappelskyfies (kaas en uie geur)
325ml gerasperde kaas
325ml fyn ham
500ml aangemaakte witsous
5ml mosterd
2 eiers

Metode
Meng die skyfies, kaas, ham en witsous en voeg mosterd by. Gooi in ‘n gesmeerde bakskottel en gooi die geklitste eiers bo-oor. Bak in ‘n matige oond 180C vir 15-20 minute. Bedien met vars broodrolletjies. Lewer 4 porsies

 

BROODJIES VIR BAKVISSIES

Rika Theron

Bestanddele
4 ronde broodrolletjies,
125 g kaas,
100 g ham,
1 klein ui,
1 klein blikkie sampioene,
2 eiergele,
klein knippie elk van sout, peper, paprika en suiker.

Metode
Sny bo-korsies van broodjies af en hol broodjies uit. Rasper kaas en snipper ham. Skil ui en kap fyn. Meng alles saam met geklitste eiergele en smaakmiddels. Skep mengsel in uitgeholde broodrolletjies. Bak in ‘n warm oond tot eier gestol en kaas goudbruin is. Garneer broodjies met ‘n takkie vars kruie – pieterselie, dille of seldery.

 

Tuna gereg (met eiers en rys)

 Ingestuur deur Rika Theron

4 eiers, geklits,
200 g blik tuna, gevlok,
80 ml mayonnaise,
375 ml gaar rys,
200 ml melk,
1 medium ui, gekap.
250 ml gerasperde kaas,
sout  & rooipeper.

Meng al die bestanddele behalwe die kaas.  Gooi in gesmeerde bak, sprinkel kaas oor en bak 20 minute in matige oond.

 

Avokado-en-spekslaai

BLOUKAASSLAAISOUS
80 g bloukaas, gekrummel
50 ml crème fraîche of suurroom
15 ml suurlemoensap
15 ml olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper na
smaak

SLAAI
4 eiers
250 g repiespekvleis
1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 rooi ui, gehalveer en in skywe gesny
2 avokado’s, geskil en in skywe gesny
100 g mizunaslaaiblare, gewone slaaiblare of Engelse spinasie

SLAAISOUS
Klits die slaaisousbestanddele goed saam, bedek en hou eenkant.

SLAAI
Bring water in ’n kastrol tot kookpunt. Plaas die eiers versigtig in die water en kook 10 minute lank. Skep dit uit en kraak die doppe dadelik om te voorkom dat die eiergeel ’n  swart ring vorm. Verhit ’n droë pan oor matige hitte en braai die spek tot bros en bruin. Dreineer op papierhanddoeke en breek in stukke. Braai die soetrissierepe in dieselfde pan tot net warm. Dop die eiers af en sny dit in wiggies. Meng die eiers, spek,  soetrissie, ui, avokado’s en slaaiblare of spinasie en sit dit dadelik voor met die bloukaasslaaisous.

WENK: ’n Bloukaassous is die ideale pasmaat vir avokado en spek.

 

GROENASPERSIES MET PIKANTE MAYONNAISE:

Anna Eksteen

Bestanddele
2 houers groenaspersies, gewas en gesny
4 eiers, hardgekook en in kwarte gesny

Mayonnaise:
2 eiergele
1 ml sout
2 ml rissiepoeier
2 ml Engelse mosterdpoeier
45 ml suurlemoensap
375 ml sonneblomolie

Metode
Stoom die aspersies oor kookwater tot net sag of plaas aspersies in ‘n kastrol met water met ‘n bietjie sout in, bedek en laat prut totdat die lote se punte effens hang. Gooi water af.

Mayonnaise:
Plaas die eiergele, sout, rissiepoeier en mosterd in ‘n voedselverwerker en verwerk tot dik. Voeg die suurlemoensap geleidelik by en gooi die olie in ‘n dun straaltjie by terwyl die voedselverwerker nog aangeskakel is.. Giet in ‘n bakkie en plaas in die yskas.. Rangskik porsies aspersies op klein bordjies en skep ‘n bietjie mayonnaise oor. Die mayonnaise wat oorbly, kan in ‘n aparte bakkie voorgesit word. Garneer met hardgekookte eiers.

Wenk:
Die mayonnaise kan tot drie dae in die yskas gebêre word. Hou die water waarin die aspersies gaargemaak is, as basis vir soppe en souse.