EIERVERRASSING  EN  MIELIERYSSLAAI

Rika Theron

Bestanddele en Metode
Sny 6 hardgekookte eiers in lengte middeldeur en skep eiergeel uit. 
Meng ‘n bietjie mayonnaise, 2 e gevlokte, ingemaakte salm of gevlokte skelvis of fyngekerfde hoender,
1 e gekapte selderystingels,
1 t fyngekapte pieterselie,
1/2 t Franse mosterd,
Worcestersous en geurmiddels na smaak met die goed fyngedrukte eiergele tot die mengsel romerig, maar nogtans nie pap is nie. 
Geur na smaak.  Skep vulsel terug in eierwitte en druk 2 halwe eiers weer opmekaar vas. 

Wenk
Die halwe eiers kan natuurlik ook so gelaat word, maar vir die kosblik is dit beter om dit opmekaar te druk.  As daar van die vulsel oorbly, kan dit vir toebroodjies gebruik word.  Plaas die gevulde eiers op mielierysslaai in ‘n klein lugdigte bakkie en verseël.  

MIELIERYSSLAAI
Meng
1 k gaar mielierys.
1/2 t borrie,
2/5 k gevlokte salm of hoender of skelvis,
1 e asyn,
1 e gekapte uie,
1 t Worcestersous,
1 e gekapte pieterselie,
1 e mielie-olie,
1 e gekapte rooi pimento en sout en peper na smaak saam en skud liggies. 
Skep onder op die boom van ‘n lugdige bakkie en rangskik die eiers bo-op.

Advertisements