Ertjie Slaai

Magda
Bedien 6 tot 8 mense gemaklik.

Bestanddele
1 x Blik ertjies
1 x Blik botterbone (Die wit groot bone)
1 x Medium ui
1 x Medium Green pepper
¾ koppie mayonaise
½ koppie gedroogte sultanas \ 2 x Piesangs \ Geblikte perskes fyn opgesny
¼ koppie kondensmelk
1 T mosterd poeier opgelos in 2 x T asyn
Sout en suurlemoen pepper na smaak

Metode
Kap nou die ui en green pepper vyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam. Let wel jy kan die saltanas \ Piesang \ Geblikte perskes nie saam gebruik nie, maar jy kan dit om die beurt probeer en elke keer is jou slaai ‘n wenner. As jy die piesangs gebruik, voor jy dit in die res van die bestandele meng gooi net eers ‘n bietjie suurlemoen sap oor sodat die piesangs nie verbruin nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek.

Advertisements

HEERLIKE WORTELS

Woumarie

Bestanddele
1 kg wortels
180 g ertjies
5 ml lemoenskil
30 g mielieblom
500 ml lemoensap
100 g bruinsuiker
100 g rosyne(pitloos)
20 g botter
5 ml sout

METODE:
Kook of stoom ertjies en wortels tot gaar nie pap dreineer en hou warm Meng die mielieblom met n bietjie sap tot pasta kook die res alles saam in pot as kook roer pasta in laat vir 2min goed deur kook terwyl jy roer. Roer by wortels en ertjies in. WENK: Ek maak dit altyd n bietjie voor die tyd laat die sous heerlik deur trek

 

Pastaslaai met Biersous

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Pasta
4 Koppies gaar elmboogpasta
410 g Pynappelstukkies gedreineer
4 Piesangs geskik en met suurlemoensap besprinkle
1 x 565 g Lietjies gedreineer en ontpit
225 g Blik groenertjies gedreineer

Bestanddele Sous:
125 ml Mayonaise
125 ml Bier

Metode:
Meng die pasta, pynappelstukkies, piesangs, lietjies en ertjies in ‘n groot slaaibak.
Meng mayo en bier deeglik deur en gooi oor slaai.
Meng deeglik en verkoel vir minstens 8 ure voor gebruik.

Macaroni en Vrugteslaai

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele Macaroni
250 G Macaroni
15 ml Olie
1 Klein pynappel geskil en in blokkies gesny of 1 x 410g pynappelstukke
3 Piesangs geskil en in skyfies gesny. Besprinkel met suurlemoensap
1 x 410g Perskeskywe gedreineer
1 x 410g Jong ertjies gedreineer
‘ Paar kruisementblare vir garnering

Bestanddele Sous:
125 ml Bier
125 ml Cross & Blackwell Mayonaise

Metode:
Kook die macaroni in soutwater vir 12 minute.
Dreineer en spoel af onder koue lopende water.
Meng pasta liggies deur met die olie en plaas in slaaibak.
Voeg die pynappel, piesang, perskes,en ertjies by en meng deur.
Gooi die bier en mayonnaise in ‘n fles en skud tot goed gemeng.
Gooi oor die slaai.
Garneer met kruisementblare en plaas in yskas.
Lewer 8 porsies

Variasies:
Vervang perskes met lietjies.
Vervang bier met pynappelstroop of natuurlike jogurt

MEERMIN SE RYSSLAAI

Kook rys tot gaar, dreineer, laat afkoel, intussen sny jy solank die volgende oop:

1 blik ertjies

1 blik perskes sny in stukkies

1 blik mielies

sodra rys koud is kom al hierdie in die rys, kerrie na smaak, meng goed, jy kan ook komkommer insit, uie ek vat 2 – 3 uie fyn gekap, meng deeglik, sous wat die lekkerste is saam hierdie rysslaai is die 1000 Island slaaisous. Sit in yskas – verkieslik oornag.

Frik se amper net groen slaai

Ek gee nie hoeveelhede aan nie. Vir WeighLess mense gebruik die groente volgens julle formule.

Slaaiblare
Ertjies
Uie
Green Peppers
Tamaties
Komkommer

Plaas alles in n slaaibak. Gooi nou Suurlemoen peper en Country Fresh Herbs na smaak oor. Sny nou n suurlemoen of twee oop en druk sap uit. Gooi oor slaai en geniet.

WeighLess Tip. Slaaiblare is verniet. Die ander groentes = 3 Groentes.