Magda
Bestanddele
Gooi die volgende bestanddele in ‘n lee bottel:
2 Koppies olie
1 Koppie asyn (Skud die bottel totdat die mengsel wit word)
Voeg dan verder by:
2 Teelepels Aromat
2 Teelepels Sout
3 Lepels Suiker
1 Teelepel Tiemie
2 Teelepels Droë Pietersielie
1 Teelepel Swart Peper
1 Knoffelhuisie fyn gesny
Metode
Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai