Frikkadelle ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 frikkadelle

Bestanddele
4 kg Beesmaalvleis
4 kg Varkmaalvleis
1 kg Uie, fyn gekap
1 kg Vars broodkrummel
30 ml Droë tiemie
60 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper

Metode:
Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en meng deur. Vorm 50 frikkadelle van die vleis en pak op ‘n groot bakplaat. Bak die frikkadelle vir 45 minute in voorverhitte oond by 160°C.  Bedien met sous van jou keuse.  Lewer 50 frikkadelle.

 

Advertisements
 

Frikadelle met Sampieoen Sous ~ Grootmaat

Jan van Niekerk

Frikkadelle met Sampioensous
Lewer 48 porsies

4 kg Beesmaalvleis
4 kg Varkmaalvleis
1 kg uie, fyn gekap
1 kg Vars broodkrummels
60 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper

Sampioensous:
2 kg Bruin sampioene in skyfies gesny
500 ml Botter
160 ml Meelblom
3 l Melk
30 ml Franse Mosterd
15 ml Sout
10 ml Rooipeper

Metode:
Frikkadelle:
Plaas al die bestanddele in ‘n groot mengbak en meng liggies deur met twee vurke. Vorm frikkadelle van 80g elk en pak hulle op ‘n bakplaat. Bak in voorverhitte oond by 160°C vir 45 minute.

Sampioensous:
Verhit die botter in ‘n swaarboompan en braai die sampioene sag. Voeg die meelblom by en meng deeglik. Voeg die melk by en roer oor lae hitte tot die sous verdik.Geur met mosterd, sout en rooipeper. Genoeg vir 48 porsies.

 

FRIKKADELLE Resep 1

Ingetsuur deur Joey Hanekom

BENODIG:
1 kg maalvleis.
1 ui fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper
1 1/2k Koekmeel [miskien bietjie meer kyk net ]
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.
bietjie peper.
MAAK SO:
Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, aan albei kante tot gaar.[ ek kook myne op die stoof in n bietjie water[so die helfte teen jou balletjie op] dan maak dit n baie lekker sousie..pasop dit brand.. stadig…
N.S.
Rol eers jou balletjies in skoon koekmeel voor jy dit in die kastrol of pan op die stoof plaas dan is dit baie lekker] O ja en moenie die balletjies te styf rol nie lekker groot losserige balle is baie lekker..

 

FRIKKADELLE SO MAKLIK

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
500 g. maalvleis
1 pakkie bruin uie sop poeier
1 eier
125 ml. room of gewone (plain) yogurt

Metade
Meng alles goed saam.
Vorm frikkadelle en pak dit in ‘n vuurvaste bak.
Bak vir ongeveer ‘n half uur in ‘n oond wat vooraf teen 180 grade verhit is.

 

KERRIE-EN-PIESANG-FRIKKADELLE

Ingestuur deur Lynette Muller

Frikkadelle:
1 groot ui, fyngekap,
12,5 ml olie,
2 dik snye dagoue witbrood, korsies afgesny, geweek in 75 ml melk
1 tot 2 geelwortels, grofgerasper,
1 ekstra-groot geklitste eier,
800 g maer gemaalde beesvleis,
50 ml blatjang,
25 ml asyn,
15 tot 20 ml sout,

Na Smaak:
varsgemaalde peper,
knippie naeltjies,
neutmuskaat en Worcestersous

Kerriesous:
15 ml olie + 15 ml botter
3 uie oorlangs gehalveer, geskil en in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus en fyngedruk saam met 5 ml sout
12,5 ml sterk kerriepoeier
12,5 ml borrie
3 ml fyn gemmer
3 ml fyn kaneel
1 ml rooipeper of na smaak,
75 ml asyn
50 ml blatjang
25 ml sagte bruinsuiker
50 ml appelkooskonfyt
varsgemaalde peper na smaak
500 ml water
6 tot 10 baie ryp, amper oorryp piesangs, in skywe gesny en met suurlemoensap bedek

Frikkadelle:
Braai die ui in olie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie. Laat eenkant afkoel. Druk oortollige melk uit die geweekte brood en maak brood met ‘n vurk fyn. Skep brood, geelwortels en eier oor vleis. Moenie meng nie. Skep die blatjang en asyn bo-oor en geur met sout, peper, neutmuskaat, naeltjies en Worcestersous. Meng met ‘n groot tweetandvurk al die bestanddele liggies, maar deeglik deur. Moenie knie en druk aan die mengsel nie. Vorm 12 frikkadelle. Rangskik in ‘n enkellaag in ‘n gesmeerde oondskottel, bedek en plaas in koelkas.

Kerriesous:
Skep olie en botter in ‘n diep kastrol en verhit oor matige hitte tot botter gesmelt is. Voeg uie by en braai tot dit sag en deurskynend is, maar definitief nie bruin nie. Voeg knoffel en sout by en roerbraai vir ‘n minuut. Strooi speserymengsel en borrie bo-oor en roerbraai tot ‘n sterk geur die lug intrek. Roer gemmer, kaneel en rooipeper by en voeg bietjies van asyn op ‘n keer by. Stootskraap sodat deeltjies wat aan kastrol se boom kleef, kan oplos. Wees versigtig dat mengsel nie aanbrand nie. Voeg konfyt, blatjang, suiker, peper en helfte van water by. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vyf minute. Voeg res van water by, verhoog hitte, verhit weer tot kookpunt en kook nog 10 tot 15 minute. Roer af en toe.

Verwyder die sous van die hitte en roer die piesang by. Haal die frikkadelle uit die yskas en skep die warm sous oor. Bak 40 – 45 minute in ‘n voorverhitte oond van 160°C totdat die vleis gaar is. Bedien met rys.

Sit voor met sambals, soos tamatie- en uie, klapper en ‘n brandsous soos warm blatjang of soetrissiesous. .

 

Maklike frikadelle

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
500gr Maalvleis
1 ui gekap
2 tamaties gekap
1 koppie jungle oats
2 eetlepers tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 eier

Meng alles
1 pakkie bruin uiesoppoeier gemeng met 500 ml water en gooi oor
frikadelle. Sit in ’n voorverhitte oond en bak met ’n deksel op teen 180 ºC vir 1 en 1/2 uur

 

Frikkadel Met ‘n “nice surprise”

Ingestuur deur Lynette Muller

“So ietsie anders en smaaklik as die doodgewone frikkadelle, met ‘n lekker twist!”

Bestanddele
1 kg topside maalvleis
4 varkworsies, ontdooi en uitgedruk
1 kop broodkrummels
1 kop gekerfde wortels
3 el tamatiepasta
halwe kop yswater
2 eiers, liggies geklits
1 fyngekapte ui
3 fyngekapte vars knoffeltoontjies
1 tl gedroogde kruie
sout na smaak
peper na smaak
*cheddarkaas – 12 x blokkies gesny

Aartappel Bolaag:
So 4 groot aartappels sag gekook en fyngedruk met botter , melk, sout en peper na smaak., dit
moet lekker stywe beslag wees.
*paprika

Metode
Verhit die oond tot 180 C.
Sprei 12 muffinpanetjies met “non stick”
Meng al die bestanddele vir frikkadelle , behalwe kaasblokkies in groot bak, meng goed.
Vorm ‘n bol soos frikkadel in jou hand, en druk liggies vas in muffinpan, ongeveer 1/3 vol.
Herhaal tot al 12 muffin holtes gevul is.
Druk 1 blokkie kaas in middel van elke vleis bal, wat dan nou eweredig weer vleismengsel balletjie weer bo oor, en kaas mooi toegedruk is in die middel.
Bak 25 min in voorverhitte oond

Verwyder van die oond en rond af met kapokaartappels soos volg:
As jy spuittuit het vir kapokaartappels, bo elke kolwyntjie spuit jou kapokaartappels soos jy
‘n kolwynntjie sou versier.
Andersins skep mooi hopie kapokaartappels bo op, strooi ** paprika, as jy wil en bak tot goudbruin punte vorm, laat afkoel 10 minute in pan voor jy vleis muffin uitlig.

Sit voor met lekker groen

 

Groot Frikadelle

FRIKKADELLE
800 g maalvleis
1 groot ui, gerasper
60 ml (¼ k) pietersielie, fyn
gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
3 ekstra groot eiers
250 ml (1 k) vars broodkrummels
½ geel soetrissie, fyn gekap
½ groen soetrissie, fyn gekap
4 groot agurkies, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
olyfolie
botter

SOUS
olyfolie
2 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
sout en peper

FRIKKADELLE
Meng die maalvleis, ui, pietersielie, mosterdpoeier, eiers, broodkrummels, soetrissies en agurkies en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat rus die mengsel ’n paar minute en vorm die mengsel dan in groot frikkadelle, sowat 100 g elk. Verhit van die olyfolie en die botter en braai oor matige hitte tot gaar.

SOUS
Verhit olie in ’n pan en braai die uie en knoffel ’n paar minute. Roer die mosterd en aftreksel by, laat prut sowat 5 minute. Geur na smaak en plaas die frikkadelle in die sous. Laat prut nog ’n paar minute en sit voor saam met fyn aartappels.