Groot Frikadelle

FRIKKADELLE
800 g maalvleis
1 groot ui, gerasper
60 ml (¼ k) pietersielie, fyn
gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
3 ekstra groot eiers
250 ml (1 k) vars broodkrummels
½ geel soetrissie, fyn gekap
½ groen soetrissie, fyn gekap
4 groot agurkies, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
olyfolie
botter

SOUS
olyfolie
2 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
10 ml (2 t) mosterdpoeier
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
sout en peper

FRIKKADELLE
Meng die maalvleis, ui, pietersielie, mosterdpoeier, eiers, broodkrummels, soetrissies en agurkies en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat rus die mengsel ’n paar minute en vorm die mengsel dan in groot frikkadelle, sowat 100 g elk. Verhit van die olyfolie en die botter en braai oor matige hitte tot gaar.

SOUS
Verhit olie in ’n pan en braai die uie en knoffel ’n paar minute. Roer die mosterd en aftreksel by, laat prut sowat 5 minute. Geur na smaak en plaas die frikkadelle in die sous. Laat prut nog ’n paar minute en sit voor saam met fyn aartappels.

Advertisements

Ouvrou Onder die Kombers (Koolfrikkadelle)

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
500 g Maalvleis
1 Eier, geklits
5 ml Sout,
3 ml Peper,
1 Fyn gekapte ui,
1 Sny fyn brood,
50 ml Blatjang
15 ml Worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is
Koolblare om toe te draai.
Olie vir smeer
1 K Kookwater
1 Blik Tamatie en uiesmoor
15 ml Bruinsuiker
5 ml BBQ speserye o moor te strooi

Metode:
Meng die bestanddele vir die vleis saam en rol in frikkadelle.
Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak. Plaas in geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer. Rol vleis in koolblare (sien foto) ek hou bietjjie vleis vir oorstrooi eenkant. Gooi ongeveer 1 kop kookwater onder in die pan, dit word jou sousie. Gooi n blik tamatie/ui smoor egalig oor kool/vleis. Gooi so eetlepel suiker egalig oor. Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond. Ek sit myne vir eerste 15min op 200grade en oorblywende 40min by 180gr. Hou vloeistof dop. Sous is lekker saam kos. Bedien op rys. Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van n eier.
Net reg vir jou pladbodem pot

3 Planne Met Frikkadelle In Minder As 30 Minute

Ingestuur deur Lynette

Bestanddele
1 groot ui, gerasper
450g maer beesmaalvleis
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml worcestersous
gerasperde skil van 1 suurlemoen
3ml gedroogde tiemie
1 groot eier, liggies geklop

Metode
Meng al die bestanddele en geur dit. Rol in balletjies en bêre vir 20 minute in die yskas, of tot jy dit gaarmaak.

Variasies
Pitavulsel
Sit die frikkadelle op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer olyfolie oor. Rooster vir 10 tot 15 minute onder ’n medium-warm oondrooster. Draai dit halfpad deur die roostertyd om en smeer nog olie aan. Haal die frikkadelle uit die oond sodra dit deurgaar is. Vul pitabrode daarmee en drup tzatziki, blatjang of soet rissiesous daaroor.

Pastasous
Verhit ’n lagie sonneblomolie in ’n pan. Braai die frikkadelle tot alkant bruin en deurgaar. Sit voor op ’n bord pasta en skep klaargemaakte tamatie- pastasous bo-oor. Strooi kaas oor.

Kerriefrikkadelle
Verhit 15ml sonneblomolie in ’n kastrol. Voeg 15ml tot 30ml kerriepasta by, afhangende van hoe sterk jy dit wil hê. Roer goed en voeg ’n blikkie klappermelk by. Laat die mengsel prut en voeg dan die frikkadelle by. Prut vir 10 tot 15 minute of tot die frikkadelle deurgaar is. Sit saam met basmati-rys voor.

Frikkadelle in roomsous

Bestanddele
500 g beesmaalvleis
1 ui, gerasper
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 eier, geklits
15 ml (1 e) gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper
15 ml (1 e) olie
1 blik (400 g) gekapte tamaties
250 ml (1 k) room
kapokaartappel en pietersielie vir voorsit

Metode
Meng die maalvleis, ui, knoffel, eier, kruie, sout en peper goed en vorm balletjies. Verkoel ’n halfuur in die yskas. Verhit die olie en braai die frikkadelle bruin. Verwyder uit die pan en hou eenkant. Verhit die tamaties en room saam. Geur met sout en peper en kook tot die sous effens dik is. Skep die frikkadelle in die sous en kook tot gaar. Sit die frikkadelle saam met die kapokaartappel voor. Sprinkel die pietersielie bo-oor.

Wenk
Verdik sous na smaak met maizina.
Dié gereg sal ewe lekker saam met pasta wees.

Leeukoppe

Leeukoppe (groot frikkadelle) op ‘n bed van Polenta met ‘n romerige sampioensous en gebraaide koolslaai

Frikkadelle
800 g maalvleis
1 ui
10 ml knoffel
15 ml Worchestersous
15 ml blatjang
1 Nulaid eier, geklop
60 ml rosyntjies
60 ml dennepitte
Handvol basiliekruidblare
10 ml mosterdsade

Polenta-vierkante
300 g polenta
500 ml beesaftreksel
500 ml water
3 tiemiestokkies
5 ml gemengde kruie
2 ml swartpeper
15 ml botter

Gebraaide rooikool
350 g rooikool
15 ml botter
2 ml peper
5 ml vinkelsade
80 ml rooiwyn
50 ml asyn
15 ml suiker

Sampioen- en mosterdsous
300 g wit knopie-sampioene, gekap
5 ml knoffel
1 ui, gekap
500 ml room
10 ml mielieblom
15 ml mosterd
15 ml botter

Metode:
Metode vir die Frikkadelle:
Meng al die bestanddele en maak groot frikkadelle daarmee. Bak in die oond teen ongeveer 180 grade celsius.

Metode vir die Polenta:
Kook die aftreksel, water, gemengde kruie, tiemietakkies en swartpeper. Voeg die polenta by en kook tot gaar. Gooi dit in vierkantige bakkies en laat stol. Haal die vierkante uit en braai in ‘n bietjie botter tot goudbruin.

Metode vir die gebraaide Rooikool:
Braai die vinkel en swartpeper in ‘n pan met ‘n bietjie botter vir 2 minute. Gooi die rooikool by en braai vir nog twee minute. Voeg die res van die bestanddele by en kook tot die kool gaar, maar steeds krakerig is.

Metode vir die Sampioen- en mosterdsous:
Braai die uie en knoffel in botter. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg die room, mielieblom en mosterd by en laat prut tot dit verdik.

Dawie se Frikadelle

Dawie Steenkamp

Bestanddele
500g Maalvlies
1 Pakkie Brown Onion soppoeier
Klein plain jougurt
1 Fyn ui na smaak indien verkies

Metode
Meng alles saam. Sit in caserolle bak. Bak met deksel op teen 180 grade vir 45 minute of tot gaar. Hierdie frikkadelle maak sy eie heerlikke sous. Maak sous dik indien so verkies. Indien jy dit wil maak sonder sous bak in oondbak sonder deksel.

Frikadelle

Kobus
Net toe ek ons vleisies op die kole geplaas het, lui my selfoon. Dit is tant Odie, ons tante van amper 82 van George. “Jong, ek het vanmiddag so aan jou gedink,” sê sy. “Daardie frikkadelle wat Amore op RSG gegee het, is lekker, maar ek het nou ‘n resep wat vir niks skrik nie.” Sy vra of ek pen en papier het want sy weet dat ek nie alles sal kan onthou nie.
Die eerste wat ek moet doen, is om by ‘n goeie slagter 500 gram maer beesvleis te gaan koop. “Maak tog seker dat dit ordentlik gemaal is en dat dit maer is”, skryf sy my voor. Neem dan twee snye wit brood en sit dit op ‘n gewone bord. “Maar met ek nie eerder bruin brood neem nie”, val ek haar in die rede. Nee, dit moet lekker wit brood wees. En gaan sy voort, ek moet nou een groterige wit ui fyn rasper oor die brood sodat die stukkies en die sap lekker kanintrek in daardie twee snye wit brood. Laat dit so vir’n paar minute staan sodat dit lekker nat kanword van die uiesap. “En dan, Kobus, dan meng jy die brood met die maalvleis. Jy moet dit goed meng”, gaan sy voort. As ek so halfpad daarmee is, moet ek twee teelepels Chutney en twee teelepels gemengde spesery bygooi. Verder moet ek pietersielie fyn kerf. “Vra vir Cecile om dit intussen vir jou te doen. Gooi nou so ‘n hand vol daarvan ook in die mensel. Sout en peper kan jy maar na smaak byvoeg. En dan werk jy alles deurmekaar totdat jy sien die tekstuur lyk nou lekker lig en los van mekaar.”
Die volgende is nou om frikkadelle te vorm. “Maar moenie die goed harde gholfbolle maak nie. Die geheim is dat hulle liggies gevorm moet word,” gaan sy voort. Intussen skryf ek maar op die ou koerant wat hier by die braaiplek lê.
“En dan?”,vra ek. “Jy pak dit netjies in ‘n bak, gooi net ‘n titseljie water in die bak. Sit dit in die voorafverhitte oond – 180 grade. En dan bak jy dit so vir ‘n driekwartuur of langer. Maar jy sal mos sien as dit gaar is. Haal uit en dien dit op met daardie heerlike kapokaartappels wat jy so goed mee is.”

Hierdie week sal ek die resep beslis moet uittoets. As ek nie al reeds die skaaptjops op die rooster gehad het nie, sou ek beslis hierdie frikkadelle dadelik gemaak het.

FRIKKADELSLAAI

Dankie vir jou resep Okkie

Frikadelle:
500 g maer maalvleis                                                    
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap                                                          
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak                    
1 ml fyn naeltjies
30 ml wynasyn                                                                 
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood.  Voeg res van bestanddele by.  Meng liggies met ‘n vurk.  Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat.  Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai                                                             
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer                     
150 g swart druiwe
10 kersietamaties                                                             
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord.  Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai.  Sprinkel met pietersielie.

FRIKKADELLE MET TAMATIESOUS

250 ml broodkrummels                                                 
170 ml water
1 kg maalvleis                                                                    
1 groot ui, geskil en fyngekap
2 groot of 3 kleiner eiers                                               
5 ml gemaalde koljander
1 ml fyn naeltjies                                                              
1 e pietersielie, gekap
7,5 ml sout                                                                          
1 ml peper
50 ml botter/margarien/olie

Tamatiesous:
1 ui, geskil en fyngekap                                                                               
7,5 ml droë gemengde kruie
1kg varstamaties,ontvel, ontpit en gekap of ingemaakte tamaties, gekap               
1 e suiker
4 knoffelhuisies, en 1 groen/rooi soetrissie geskil en fyngekap   
peper varsgemaalde swart 7,5 ml Worcestersous                                                                                    
botter/margarien/olie
sout                                                                                                                      

Week krummels in die 170 ml water.  Druk die water uit die geweekte brood (moenie te veel uitdruk nie) en meng die brood met die maalvleis, gekapte uie, eiers, koljander, naeltjies, pietersielie, sout en peper in ‘n bak.  Voeg die weekwater by die vleismengsel.  Maak ongeveer 24 frikkadelle.  Verhit die botter, margarien of olie in ‘n braaipan en braai die frikkadelle vinnig liggies bruin daarin.  Dreineer die frikkadelle en hou warm.
Verhit oond tot 180ºC.  Soteer die gekapte tamatie, ui, knoffel en rissie in die botter, margarien of olie.
Voeg die Worcestersous, suiker, gemengde kruie, sout en peper by die tamatiemengsel en prut ‘n paar minute lank tot deurgaar.  Pak die frikkadelle in ‘n oondskottel met ‘n deksel en giet die tamatiesous daaroor.  Bak dit ongeveer 20 minute lank.  Sit voor met spaghetti of rys.

GRONDRESEP VIR FRIKKADELLE

650 g maalvleis (enige soort/mengsel van soorte)              
1 k vars broodkrummels
1 k gaar rys of 1 k graanvlokkies                                  
125 ml vleissous, melk of water
2 eiers, geklits                                                                     
1 groot uie, fyngekap en goudkleurig gesmoor
2 t sout                                                                                  
1 t peper
1 e gemaalde koljander                                                 
 1 t neut
2 e asyn, suurlemoensap of Wor.sous                     
1 e tamatiesous/blatjang/mosterd
Meng alles liggies met vurk.  Vorm frikkadelle en pak in pan.  Sit klein stukkie botter op elkeen en giet 12,5 ml vleisekstrak in pan.  Bak 45 min lank by 170°C.  Sit voor met rys en geurige sous.

KOOLFRIKKADELLE
1 grondresep frikkadelle  1 koolkop
1 vleisblokkie, opgelos in 1 k kookwater
Maak blare een vir een los van koolkop en gooi kookwater oor.  Laat 10 minute lank staan.  Meng vleismengsel en vorm frikkadelle.  Rol elke frikkadel in ‘n koolblaar toe.  Pak in oondskottel en giet vleisekstrak oor.  Bak by 180°C vir 40-45 min.  Sit voor met rys.