Pap Frikkadelle

Oupa Jan Lombard

Bestanddele Pap
Stywe Pap
‘n Blikkie Heel pit Mielies
30 g Margarien

Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper

Metode Pap
Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.

Metode Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.

Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.

Advertisements

Frikkadelle

Tannie Babs Schutte

Bestanddele
1 kg Maalvleis
4 k Rice Krispies
2 t Sout
2 e Tamatiesous
1 Gerasperde ui
2 Eiers
½ t Peper
2 e Blatjang

Metode
Klits eiers. Gooi alles in mengbak en meng. Vorm balletjies en bak in oond tot gaar.

Wenk
Hierdie frikkadelle is heerlik en los. Afhangende van die geleentheid kan die balletjies groot of klein gevorm word.

Appel frikkadelle

Dottie Luus

Bestanddele Frikkadelle
500 g Maalvleis
2 Snye dik bruinbrood, korsies verwyder en in water geweek
1 Ui Geskil en gekap
1 ml Neutmuskaat (Nutmeg)
1 ml Fyn Gemmer
Sout en Peper
1 Eier geklits
Olie

Bestanddele Sous
1 Ui geskil en in ringe gesny
2 knoffelhuisies fyngedruk
2 to 3 Appels, geskil en in blokkies gesny
15 ml Sojasous
250 ml Warm hoenderaftreksel of water
10 ml fyngekapte vars salie
2 ml Fyn Gemmer
10 ml suiker
mielieblom

Metode
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle liggies in ‘n groot mengbak. Vorm sowat 12 frikkadelle. verhit olie in ‘n pot en braai frikkadelle tot bruin. Skep frikkadelle uit en hou eenkant. Sorteer ui en knoffel in dieselfde pot tot sag. Voeg die appelblokkies by en roerbraai sowat 5 minute tot glansig. Giet sojasous en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg res van die bestanddele by behalwe mielieblom. Laat prut tot die appels byna sag is en die sous effens afgekook is. Voeg die frikkadelle by en sit deksel op. Laat prut oor lae hitte tot die appels sag is en die frikkadelle gaar is. Verdik die sous met die mielieblom wat aangemaak is met ‘n bietjie water. Laat sous verdik.
Bedien met kapokaartappels.