Garnaal en aarbei Rysslaai

Magda

Bestanddele
750 ml gaar rys                                                           
250 g gaar garnale, uitgedop en ruggraat verwyder
200 ml tafelseldery, in dun skyfies gesny                                  
175 ml mayonnaise
125 ml aarbei jogurt                                                     
10 ml vars suurlemoensap
5 ml droë mosterdpoeier                                               
sout en swartpeper na smaak
375 ml vars aarbeie, gehalveer                                     
vars slaaiblare

Metode
ng die rys, garnale en seldery in ´n bak. Meng die mayonnaise, joghurt, suurlemoensap en geurmiddels saam in ´n ander bak.  Voeg die mayonnaisemengsel by die rysmengsel.  Meng goed.  Vou die aarbeie liggies in.  Voer ´n slaaibak of individuele bordjies met slaaiblare uit.  Skep die rysslaai bo-op.

Advertisements

ADVOKADOPEER EN GARNAALSLAAI

 

Baie dankie vir die resep Jan
2 Ryp advokadopere
150 ml Wit wyn
1 Koppie mayonnaise
2 Agurkies in skyfies gesny
2 Blikkies garnale
100 g Roomkaas
30 ml Tamatiesous
20 ml Suurlemoensap
Metode:
Skil advokadopere en sny in stukkies. Bedruip met suurlemoensap. Strooi sout en peper oor. Marineer die garnale vir 2 ure in die wyn. Maak die roomkaas met mayonnaise sag en kleur dit met die tamatiesous. Skep Advokadopeer in klein bakkies of skulpe. Plaas die garnale bo-op en dan die mayonnaise. Lewer 4 porsies as voorgereg

Aartappelslaai met garnale

 

550 g Aartappels gekook en in blokkies gesny
50 ml Olyfolie
15 ml Wynasyn
500 ml Garnale gaar en uitgedop
5 ml Sout
3 ml Swartpeper
3 Eiers hardgekook en in blokkies gesny
Metode:
Meng die olie, asyn, sout en peper om ‘n slaaisous te vorm en giet dit oor die aartappels. Meng die garnale by. Garneer met skyfies gekookte eier. Lewer 4 porsies.