Gebakte Kool

Lynette Muller

Bestanddele
Halwe kopkool gesny
4 Hardgekookte eiers (afgedop en in skyfies gesny)
ongeveer 2 koppies basiese witsous (dikkerige witsous)
ongeveer ‘n koppie gerasperde kaas

Metode
Kook die kool in soutwater tot net gaar. Neem ‘n gesmeerde oondbak en pak ‘n laag kool onderin, daarna ‘n laag eierskyfies, daarna ‘n laag witsous. Herhaal nog ‘n laag presies dieselfde dat die witsous heel-bo is, strooi nou ‘n laag kaas bo-oor en sprinkel bietjie paprika oor, bak by 180grade vir ongeveer 30 minute.

Advertisements

GEBAKTE KOOL:

Anna Eksteen

Bestanddele
1 liter fyngekerfde kool
150ml room
5ml suiker
1ml sout
1ml paprika
50ml gedroogde broodkrummels
150ml gerasperde Cheddarkaas

Metode
Skep die gekerfde kool in ‘n bakskottel. Meng die room, suiker, sout en paprika goed en gooi die dit oor die kool. Strooi die broodkrummels oor en bak met die deksel op vir 30 minute. Verwyder uit die oond, strooi die kaas oor en bak vir ‘n verdere 10 minute 10 minute. Bedien warm.