Korslose gebakte kaaskoek (Diabeties)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

(12 – 16 PORSIES)
•    500 g laevet-roomkaas
•    750 ml ricotta-kaas
•    250 ml suurroom
•    250 ml gewone jogurt
•    300 ml suiker plaasvervanger
•    125 ml laevet-margarien
•    45 ml koekmeel
•    45 ml mielieblom
•    4 eiers, geklits
•    30 ml suurlemoensap
•    5 ml vanieljegeursel

Bolaag
•    suikervrye aarbei konfyt
•    vars aarbeie

Verhit oond tot 160 ºC.
Spuit ’n 24 cm-losboom koekpan met kleefwerende kossproei.
Meng roomkaas, ricotta-kaas, suurroom, jogurt, suiker plaasvervanger, margarien, meel, mielieblom en eiers tot goed gemeng.
Roer die suurlemoensap en geursel by. Gooi in voorbereide pan. Bak vir 70 – 75 minute tot geset.
Skakel oond af, maak deur oop en laat kaaskoek minstens 1 uur lank in die oond staan.
Verkoel in yskas.
Bolaag Smeer konfyt bo-oor en versier met vars aarbeie.

KOMMENTAAR
Die GI van die kaaskoek is laag en omdat dit nie die tipiese krummel- of gebakte kors bevat nie, is die koolhidraat-inhoud van die gereg ook laer.
Weens die bestanddele wat vir ’n tipiese gebakte kaaskoek gebruik word, is die vet-inhoud hoog.
–  (resep en foto)  Hilda Lategan

Advertisements

Gebakte Melktert Sonder Kors

4 kop. melk
1 kop. suiker
1 kop. meelblom
4 eiers – geskei
1 teel. bakpoeier
Knippie sout

Klits die eier geel apart.
Meng meelblom, sout, bakpoeier met melk.
Klits goed.
Klits eiers geel by.
Klits die eierwitte tot styf terwyl jy die suiker bietjie vir bietjie by klits.
Vou in mengsel in
Gooi in vuurvaste bak en bak in ‘n warm oond. 180C

TANT RACHIE PIENAAR, COLESBERG

GEBAKTE AARTAPPELDIS

Bestanddele
4 X GROOT AARTAPPELS IN SKYWE GESNY
1 X UI OPGEKERF
1 X PAKKIE PASTA IN MINUTE BACON CARBONARA GEUR (KRY BY SPAR) HOU DIE PASTA
250gr SPEKVLEIS OPGEKERF
1 X PAKKIE ROOM VAN SAMPIOENSOP
½ PAKKIE WIT UIESOP
500ml MELK
1 X KOPPIE GERASPERDE CHEDDARKAAS
SOUT EN PEPER NA SMAAK
1 X TEELEPEL MOSTERTPOEIER
KNOFFELPOEIER NA SMAAK
BOTTER
ROOIPEPER

Metode
VOORVERHIT OOND TOT 200ᵒ C
GOOI DIE GESNYDE UI IN KOOKWATER OM LOS TE MAAK.
MAAK INTUSSEN DIE PASTA MENGSEL AAN SOOS PER AANWYSINGS
LAAT BIETJIE AFKOEL EN ROER NOU DIE SOPPE BY
MENG DIE RES VAN DIE BESTANDDELE (BEHALWE DIE ROOIPEPER)  IN ‘n MENGBAK SAAM MET DIE PASTA
PAK DIE MENGSEL IN OONDSKOTTEL GOOI VLOEISTOF OOR SIT FOELIE OOR (EK VERKIES FOELIE BLINK KANT ONDER.)
BAK IN DIE VERHITTE OOND VIR ONGEVEER 2 URE OF TOTDAT AARTAPPELS SAG EN GAAR IS.
HAAL UIT OOND VERWYDER DIE FOELIE ROER DIE AARTAPPEL MENGSEL DEUR ONDERSTE AARTAPPELS NOU BO.
SPRINKEL ROOIPEPER OOR EN BAK ONBEDEK  VIR VERDERE 20 MINUTE IN DIE OOND
BEDIEN WARM SAAM MET BRAAIVLEIS OF VLEISRESEP SOOS ONDER UITEENGESIT

Met vergunning van Peet Mulder

HANEPOOTPOEDING

Anna Eksteen

Lekker soet, sit dus vla of room hierby voor.

Bestanddele
250ml koekmeel                                                           
knippie sout
45ml sagte botter                                                         
200ml strooisuiker
1 eier                                                                           
15ml gladde appelkooskonfyt
250ml melk                                                                  
5ml koeksoda
5ml asyn

STROOP
200ml botter                                                                 
180ml suiker
45ml gouestroop                                                          
125ml kookwater
knippie sout                                                                 
250 ml hanepoot
5 ml vanieljegeursel

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondbak met botter. Sif die meel en sout saam. Verroom die botter en strooisuiker goed saam en klits die eier en appelkooskonfyt hierby in. Meng die melk, koeksoda en asyn en roer by die bottermengsel saam met die droë bestanddele. Skep in die voorbereide bak. Skep die beslag in die gesmeerde bak en bak vir sowat 30 minute of tot die poeding goudbruin en deurgaar is.

MAAK INTUSSEN DIE STROOP:
Verhit al die bestanddele, behalwe die geursel, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir ongeveer 5-7 minute. Verwyder van die hitte en roer die geursel by. Giet die kokende stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor. Genoeg vir 6 mense.

Gebakte Blomkool

Bestanddele
1 Blomkool ( of 1 blomkool en 1 broccoli)
500 ml Room (of 250 ml room en 250 ml melk) of 500 ml melk
Botter

Ek meet nooit my koekmeelblom af – gooi altyd by as dit nodig is, begin met klein bietjies en as dit nodig is, voeg ek nog by om lekker dik witsous te maak.

500 ml cheddar kaas gerasper (of 250 ml cheddar kaas en 250 ml wit kaas)
Sout
Pepper
Aromat
Enige kruie en speserye van jou keuse

Metode
Kook blomkool  in sout water tot gaar en sag. Dreineer. Spuitt Pyrex bak met Spray and Cook, breek blomkool blommetjies, pak in bak. Maak witsous, smelt botter in pan, sodra gesmelt, voeg melk \ room by (keuse kan wees melk en room of net melk of net room, voeg koekmeelblom by, sout, pepper, aromat, enige kruie en spesery van jou keuse, sodra die witsous dik genoeg is, kan so bietjie kaas by gevoeg word. Gooi hierdie witsous oor blomkool, strooi kaas bo-oor, so bietjie Paprika kan oor kaas gestrooi word. Sit in voorverhitte oond 180 grade, sodra die kaas gesmelt en mooi bruin is, is die blomkool gereg gereed om geeët te word.

Gewoonlik maak ek skaap boud tjoppies saam hierdie gereg, boontjies, skorsies wat ek vul met blikkie ertjies \ mielies en samp.

Gebakte kaasbrood met eier / Oeufs au fromage

 

 

 

 

 

 

 

 

Botter
Skywe Edam-kaas
Gerasperde cheddar
Snye brood
Eiers
Sout en peper

Smeer ’n oondbak met botter en bedek die bodem met snye brood wat in gesmelte botter gedoop is. Daar moet ten minste een sny per persoon wees.

Plaas ’n skyf Edam-kaas op elke sny.
Plaas dit onder ’n oondrooster tot die kaas gesmelt het. Moenie dat dit bruin rooster nie.
Haal die bak uit die oond en breek ’n eier op elke sny brood. Hou die eiergele mooi heel.
Geur met sout en peper en strooi gerasperde cheddar oor.
Plaas terug in die oond tot die eier na wens is.

Resep en foto met vergunning van Kookkuns.com

5-Minute-sjokoladepoeding

Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 3 minute

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

POEDING
60 ml (4 e) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
30 ml (2 e) kakao
knippie sout
1 eier, geklits
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) olie
45 ml (3 e) sjokoladesplinters
1 ml (¼ t) vanieljegeursel

OPDIENING
Roomys
Kakao om bo-oor te sprinkel

  1. POEDING Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droë bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
  2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
  3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
  5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
  6. bietjie kakao oor.

Resep en foto met vergunning van Huisgenoot.com

 

Gebakte Kaaskoek Met Suurroom

Met vergunning www.funkymunky.co.za

Kors
1 Pak Marie-Beskuitjies, En Fyn Gedruk 125g Botter, Gesmelt.

Vulsel
3 Eiers
125ml Strooisuiker
5ml Suurlemoensap
250g Roomkaas
125ml Suurroom.

Versiering
125ml Vars Room, Geklits
Vars Vrugte (Soos Druiwekorels).

Kors
Meng Beskuitjiekrummels En Botter. Druk Dit In In ‘N Tertbak Met Deursnee Van 24cm.

Vulsel
Klits Eiers En Strooisuiker Tot Lig En Romerig. Voeg Suurlemoensap By. Vou Die Room Kaas En Suurroom By. Gooi Dit In Die Beskuitjiekors En Bak Vir 40 Min. By 160 C Totdat Dit Gestol En Goudkleurig Is. Verkoel En Versier Met Room En Vrugte.