Kerriebone slaai

Bestanddele
1,8kg groenboontjies
900g uie
Sout
750ml suiker
500ml wit asyn
250ml water
45ml mielieblom
25ml kerriepoeier

Metode
Kook die boontjies, uie en sout tot sag. Kook die asyn, water, mielieblom, kerrie en suiker saam totdat dit gaar is. Voeg nou die boontjies by die asynmengsel en laat dit opkook. Bottel warm.

Advertisements

Groen Tamatie Atjar

Bestanddele
1½ kg Groen tamaties
1 Bottel asyn
1½ e Aangemaakte Mosterd
2 tot 3 Uie
4 e Gouestroop
2 e Kerriepoeier

Metode
Sny tamaties in dun skywe. Laat oornag in soutwater. Volgende oggend gooi soutwater af en spoel tamaties deeglik af. Sny uie in dun skywe. Plaas tamaties en uie in pot. Meng al die ander bestanddele en gooi in pot. Kook mengsel vir ¾ uur. Roer gedurig. Plaas in gesteriliseerde bottels. Verseël terwyl warm.

Kool Atjar

Bestanddele – Kool
10 k Gesnipperde Kool
4 k gekapte uie

Bestanddele – Sous
3 k Suiker
2½ k Wit asyn
2 dessertlepels sout
2½ e Kerriepoeier
4 e Mielieblom

Metode
Kook Kool en uie sag (nie pap nie). Dreineer goed. Meng al die bestanddele vir sous en voeg by kool. Kook nou vir 10 minute. Roer gedurig. Bottel warm.

Koper Pennie Wortel Slaai

Ouma Ies Lombard

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcester Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe. Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie). Sny uie in ringe en kook. Sny groen rissies in blokkies. Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam. Kook 3 minute saam. Gooi warm sous oor die wortels. Laat staan in yskas vir ten minste een dag.