Oongeroosterde groente met couscous

Lynette Muller

Geniet die gereg warm of as slaai

Bestanddele en Metode
1kg gevriesde mix veg (klein blokkies).
Roerbraai met margarien en lekker baie aromat.
Gooi in bak.
Gooi 1 k room en pakkie patatobake bo oor.
Dan gerasperde kaas en bak so 30 min by 180.
Heerlik.

Advertisements

Liplekker gemengde groente

Gevriesde gemengde groente van jou keuse, kook tot sag maar nie pap nie, dreineer. Voeg nou sout volgens smaak by. Aromat volgens smaak.

Vir die witsous:

Smelt botter  (ek meet en weeg nie my botter of enige bestandele vir witsous af nie)

Melk of Room \ of helfte melk en helfte room, gooi die melk \ room by gesmelte botter

Sout, volgens smaak (ek gebruik nie baie sout nie, omdat – GOLDEN RULE, mens kan sout bysit, maar sout wat te veel is, kan jy nie uithaal nie)

Aromat

Pepper

Koekmeelblom – net genoeg vir ‘n nie te dik of nie te loperig sous nie

Handvol kaas

Sodra die witsous gereed is;

Smeer oondvaste bak of maak gebruik van Spray & Cook

Pak die gemengde groente netjies in bak, gooi die witsous oor, strooi kaas bo-oor en indien verkies bietjie Paprika vir kleur, en sit in voorafverhitte oond 180 Grade, sodra kaas gesmelt is, haal uit oond, dien dadelik op.

 

Vanessa se lekker-groente ~ RSG

Bestanddele
Botter neut
Groen-, geel, en rooi rissie
Knoffel-vlokkies
Olyfolie
Sout en pepper
Uie
Songedroogde tamaties
Groot swart sampioene
Dennepitte (opsioneel)

Metode
Verhit oond tot 200 grade Celsius. Gooi alle bestanddele in oondpan en bak vir 20 minute. Roer groente eenkeer tydens kooktyd om. Wanneer groente uit oond kom, gooi balsamiese asyn bo-oor en voeg roket blare by en strooi parmesan-kaas of feta bo-oor. Bedien met koeskoes of pasta