Gemmer en kaneel koekies

Ongeveer 36 dubbel koekies
Die koekies kan nie te lank geberg word nie, want die versiersel maak dit sag.

 

 

 

 

 

250 g (1/2 blok) sagte botter
375 ml (11/2 k) strooisuiker
1 ekstra groot eier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
750 ml (3 k) koekmeel
2,5 ml (1/2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
2,5 ml (1/2 t) fyn gemmer knypie sout

VERSIERSEL
45 ml (3 e) sagte botter
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif
2,5 ml (1/2 t) vanieljegeursel
1 druppel pienk voedsel kleursel

Stel oond op 160C
Room botter en strooisuiker tot liggeel.
Klits eier en vanieljegeursel by.
Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel, gemmer en sout. Roer by bottermengsel tot deeg vorm. 4 Plaas deeg in plastiek sakkie en verkoel in yskas vir 1 uur.
Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit.
Druk met koekie drukker blommetjies uit deeg en plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 12 minute of tot goudbruin.
Laat koekies bietjie op bakplaat afkoel. Skep op afkoel rakkie en laat eenkant tot heeltemal afgekoel

Versiersel
Room botter tot liggeel. Klits versiersuiker en vanieljegeursel by tot smeerbare versiersel.by tot smeerbare versiersel.
Voeg voedsel kleursel by en meng goed
Smeer dun lagie versiersel op een koekie en plaas tweede koekie bo-op.

Bron en foto: Vrouekeur resep

Advertisements

Gemmer pot poeding

½ koppie appelkooskonfyt
½ koppie margarien
½ koppie melk
2 teelepels koeksoda
1½ koppie koekmeelblom
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout


Stroop
4 koppies water
1 koppie suiker
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel fyn gemmer


Kook die konfyt en margarien saam.

Los die koeksoda op in die melk en gooi by.

Verwyder van hitte. Roer koekmeelblom, kaneel, gemmer en sout geleidelik by.

Maak die stroop in ‘n kastrol aan en verhit tot dit begin kook.

Skep lepels vol van die deegmengsel in die kokende stroop.

Sit die kastrol se deksel op. Kook stadig op ‘n lae hitte tot deeg gaar en stroop lekker dik is.

Bedien saam met roomys of vla.

 

Resep: Bloubakkie

Gemmer koekies

Maak: omtrent 100

Bereidingstyd: 30 minute plus afkoeltyd

Baktyd: 8-10 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

 

185 ml (170 g) sagte botter

335 ml (200 g) klam bruinsuiker (“treacle”)

1 groot eier

65 ml (80 g) melasse

10 ml koeksoda

5 ml fyn gemmer

5 ml fyn gemengde speserye

500 ml (275 g) koekmeel

1 Klop die botter, suiker, eier en melasse saam tot romerig. Voeg die koeksoda, speserye en ‘n knippie sout by. Roer dit tot gemeng. Roer die meel by totdat dit net-net deurgemeng is. Sit die bak met deeg vir minstens een uur in die yskas.

2 Rol die deeg in bolletjies met ‘n deursnee van 2 cm. Pak dit op gevoerde bakplate en bak dit dan vir agt tot 10 minute in ‘n verhitte oond. Die koekies sal nog sag voel as dit uit die oond kom, maar word harder sodra dit afkoel.

3 Laat die koekies vir ‘n paar minute op die bakplate staan en skep dit dan op ‘n draadrakkie. Sodra dit afgekoel het, kan jy dit in ‘n lugdigte houer bêre.

Bron: Onbekend

GemmerPampoen

Klein oondskottel vol boerpampoen, opgesny in blokke.

125g Botter

2E Bruin suiker

125ml Vars gemmer, fyngestamp

2E Heuning

4 Stukke heel gemmer

 

Sny die botter in blokkies en Versprei dit oor die blokke pampoen.

Strooi die bruinsuiker en vars gemmer oor.

Drup die heuning oor.

Laaste word die pypkaneel in kleiner stukke gebreek oor die pampoen Versprei.

Bak teen 180C tot karamelagtig – ongeveer 40 min.

 

Bron: Die groot boerekos boek

GEMMERLIM (Ginger Ale) VARKBOUD

Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 uur 25 minute

Bestanddele
1 varkboud, sowat 6 kg, met skenkel been en swoerd (vet met vel) aan sout na smaak
30 ml (2 e) heelkorrel mosterd
15 ml (1 e) bruinsuiker
2-3 uie, geskil en in wiggies gesny
4 lourierblare
4 heel naeltjies
6 pepper korrels
4 takkies vars tiemie
sowat 1,5 L gemmerlim (Ginger Ale)
mielieblom pasta

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Sny kepe kruis en dwars oor die swoerd.
Geur die boud en swoerd goed met die sout.
Meng die mosterd en suiker en smeer oor die vleis gedeelte van die boud.
Plaas die boud in ’n groot oondbak.
Versprei die res van die bestanddele om die boud.
Giet die bak halfvol met die gemmerlim (Ginger Ale).
Bedek liggies met foelie.
Oondbraai 25 minute per 500 g plus 25 minute tot die boud gaar is en die vleissappe helder uitkom wanneer jy ’n vleispen insteek.
Verwyder die foelie, smeer die swoerd goed met olie en nog sout, en rooster onder die rooster element tot die vel bros is.
Dreineer die sous, kook af tot geurig en verdik met die mielieblom (maizena) pasta.
Laat die boud 10 minute rus en sny in skywe.
Sit voor met sous, gepiekelde groente en pynappel-carpaccio.

Ginger Ale is nie dieselfde as Gemmerbier nie.
Schweppes het Ginger Ale.

Huisgenoot Resep

Resep op gespoor by

Gemmer koekies (Gluten vrye, suiwel vrye weergawe onder aan)

Hierdie is my buurvrou Bets se resep.

Die koekies is nog effe sag in die middel.  Heerlik.

6k Meel

1k Bak Margerien of botter (227gram)

2k Suiker

2E Gemmer

2 Eiers

1k Stroop

3t Koeksoda

1/4t Sout

Klits botter en eiers saam, voeg die suiker by.

Meng stroop gemmer koeksoda aangemaak met 2 e melk.

Meng al die bestandele saam.

Maak okkerneut groote balletjies, druk effens plat en bak by 180C tot gaar.

Bak eerder te kort as te lank. Anders is die koekies hard en droog.

Laat die koekies op die bakplaat afkoel.

 

 

Gluten Vrye gemmer koekies.

Ek halveer die resep anders is dit eenvoudig te veel koekies vir een persoon en die Gluten vrye meel is baie duur.

Ek gebruik Gluten Vrye bruismeel.

Laat die Koeksoda uit.

Onthou Gluten Vrye gebak se mengsel is gewoonlik baie droog.

Voeg maar bietjie vir bietjie water by tot die deeg effe begin klou.

 

Suiwel vry

Vir die suiwel vrye weergawe gebruik Gordon Bleu Margerien.

 

KAASKOEK

Bestanddele Kors: 
25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies. 
100 g gesmelte botter 

Metode Kors:
Meng koekies en botter en druk in ‘n pan met ‘n uithaal bodem om korslaag te vorm. Laat afkoel in die yskas. 

Betsanddele Kaasskoekvulsel: 
25 ml (5 teelepels) gelatien. 
4 eetlepels water. 
Bedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan “spons” 

Metode Kaaskoek:
Plaas 2 houers roommaaskaas in ‘n bak en meng. Voeg by die sap en fyngeraspede skil van ‘n groot suurlemoen. Voeg 5 ml vanieljegeursel by. Meng 3 eiergele met 200 gram (1 koppie) strooisuiker in ‘n bak – totdat dit soos room lyk – voeg dan by die kaasmengsel. Klits 250 ml room liggies en voeg by die kaasmengsel. Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by kaasmengsel en meng totdat al die gelatien deeglik in die kaasmengsel gemeng is. Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien verkies. 

GEMMERBROOD

 

 

(KNUPPELDIK – JOEY PIENAAR)
(lewer 1 middelslag of 2 kleintjies)
125 ml suiker                                                                  
125 g margarien, by kamertemperatuur
1 ekstra-groot eier                                                      
250 ml gouestroop
625 ml koekmeel                                                          
5 ml koeksoda
5 ml kaneel                                                                     
10 ml gemaalde gemmer
2 ml gemaalde naeltjies                                            
2 ml sout
250 ml warm water
Verhit oond tot 180°C.  Smeer panne en voer boom met waspapier uit.
Veroom suiker en botter of margarien.  Voeg eier by en meng goed.  Voeg gouestroop by en meng goed.  Sif koekmeel, koeksoda, kaneel, gemmer, naeltjies en sout drie keer saam.  Voeg by suikermengsel en meng.  Voeg water by en meng tot gladde, loperige deeg.
Gooi deeg in panne, dit moet twee-derdes gevul wees.  Bak ongeveer 45 minute op die middelste oondrak tot gaar, toets met toetspen.  Laat effens in panne afkoel en keer dan op draadrak uit.

GEMMERBROODJIE

125 ml suiker                                                                              
125 ml gouestroop
125 ml botter/margarien                                                       
125 ml kookwater
2 k koekmeel                                                                              
2 t fyn gemmer
2 t fyn kaneel                                                                             
knippie sout
5 ml koeksoda                                                                            
515 ml warm water
Verhit oond tot 180ºC en smeer ‘n klein pannetjie en voer met bakpapier uit.
Skep suiker in maatkoppie en voeg stroop by.  Plaas botter in ander maatkoppie en voeg kookwater by.  Meng alles goed saam.  Sif meel, gemmer, kaneel en sout saam en voeg by vorige mengsel.  Meng goed.  Los koeksoda in 15 ml warm water op en meng met die beslag.  Skep deeg in pannetjie en bak 45 minute lank.

Gingerbread Men or Women

115 g butter/marg                             
115 g sugar
260 g cake flour                                
pinch of salt
2 ½ bicarb of soda                             
10 ml ground ginger
5 ml cinnamon                                    
2 ½ ml ground cloves
Enough warmed golden syrup              
various decorations
1.        Pre-heat oven to 180*C (350*F).
2.       Grease the baking trays.
3.       Cream the marg & sugar till very soft.
4.       Sift together the dry ingredients.
5.       Work the dry ingredients into the creamed mixture.
6.       Mix with enough warmed syrup to form a stiff dough.
7.       Roll the dough out on a floured board.
8.       Cut into people shapes with gingerbread cutters.
9.       Place the figures on the grease baking tray & decorate.
10.    Bake for 10-15 minutes.

Allow the figures to cool slightly before lifting them off the baking trays.