GEMMERLIM (Ginger Ale) VARKBOUD

Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 uur 25 minute

Bestanddele
1 varkboud, sowat 6 kg, met skenkel been en swoerd (vet met vel) aan sout na smaak
30 ml (2 e) heelkorrel mosterd
15 ml (1 e) bruinsuiker
2-3 uie, geskil en in wiggies gesny
4 lourierblare
4 heel naeltjies
6 pepper korrels
4 takkies vars tiemie
sowat 1,5 L gemmerlim (Ginger Ale)
mielieblom pasta

Metode
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Sny kepe kruis en dwars oor die swoerd.
Geur die boud en swoerd goed met die sout.
Meng die mosterd en suiker en smeer oor die vleis gedeelte van die boud.
Plaas die boud in ’n groot oondbak.
Versprei die res van die bestanddele om die boud.
Giet die bak halfvol met die gemmerlim (Ginger Ale).
Bedek liggies met foelie.
Oondbraai 25 minute per 500 g plus 25 minute tot die boud gaar is en die vleissappe helder uitkom wanneer jy ’n vleispen insteek.
Verwyder die foelie, smeer die swoerd goed met olie en nog sout, en rooster onder die rooster element tot die vel bros is.
Dreineer die sous, kook af tot geurig en verdik met die mielieblom (maizena) pasta.
Laat die boud 10 minute rus en sny in skywe.
Sit voor met sous, gepiekelde groente en pynappel-carpaccio.

Ginger Ale is nie dieselfde as Gemmerbier nie.
Schweppes het Ginger Ale.

Huisgenoot Resep

Resep op gespoor by

Advertisements

GEMMERBIER KRISTAL PLANTJIE

http://bottelenbere.weebly.com/gemmerbierkristalle—greta-bester.html

Plantjie:
1 pakkie kitsgis
250ml water
10ml suiker
10ml fyn gemmer
Voeg alles bymekaar in n glasfles.  Hou dit in die yskas en voed elke 2 de dag vir 7 tot 10 dae met 5ml suiker en 5ml fyn gemmer.
Dreineer en hou die vloeistof en die afsaksel

Kristalle
2 suurlemoene
500ml Kookwater
500ml suiker
Neem die vloeistof wat afgegiet is en voeg die sap van die suurlemoene die kookwater en die suiker by.

Roer totdat die suiker opgelos het.Vul aan met 4 en n halwe liter water.  Giet in bottels (glas wynbottels met skroefproppe is beter as plastiek coke bottels) Laat dit twee ure staan en skroef dan toe.Wanneer die kristalle gvorm het, kan jy jou bier maak. Giet deur moeseliendoek om kristalle te kry.
Die afsaksel word weer gebruik om nuwe mengsel te maak m a w voeg weer alles vir jou plantjie by.

Bier
250ml kristalle
500ml suiker
10ml gemmer
24 rosyne Groot vettes met pitte
8x 250ml water
Meng goed. Giet in bottels.  Jy behoort dit na 2 dae te kan gebruik.
Voorspoed en laaat weet.
Julle kan vars gis by die bakery kry dan gebruik jy so 56g

Resep: Greta Bester

Gemmerbier

Bestanddele
12 x 250 ml kookwater
12 x 250 ml kraanwater
4 x 250 ml suiker
2,5 ml kremetart
125 ml rosyne gekneus
2,5 ml wynsteensuur
15 ml gemmer
Helfte van ‘n koekie suurdeeg, 20g

Metode
Meng al die bestanddele saam, behalwe die suurdeeg, en roer goed totdat die suiker opgelos het. Krummel die suurdeeg oor die mengsel. Laat staan vir 23 ure. Suig deur, gooi in bottels en plaas in die yskas. Bier is na 24 uur reg vir gebruik.

Vinnige Gemmerbier

Elsie

Bestanddele
1 Groot emmer met deksel
5¼ l louwarm water
10ml Jamaika Gemmer (Lennon’s se produk)
4½ k Suiker
10ml kitsgis
28 rosyne

Metode
Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 – 20 minute (totdat dit begin gis). Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het). Voeg die Jamaika Gemmer by suikerwater. Voeg die water-, suiker- en kitsgis mengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg die rosyne by en roer weer deur. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur in die middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die lug uit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.

Nota
Dit is ‘n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoe gebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat nie graag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker.
Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

Gemmerbier resep 2

Bestanddele
4.5 L Water
3 k Suiker
12,5 ml Kremetart
10 ml Gemaalde Gemmer
7 ml Korrel suurdeeg
Hand vol rosyne met pitte

Metode
Meng alles. Laat 12 uur staan. Syg deur. Gooi in bottels.

Wenk
Hoe langer die Gemmerbier staan hoe meer borrel dit. Wees net versigtig wanneer die bottel oopgemaak word. Sit Gemmerbier in die yskas.