Eenskottel hoender en rys gereg

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
1 koppie rou rys
Hoender stukke
1 na 2 koppies veggie mix (gevries)
2 koppies water
1 pakkie wit uiesop
Uie in skywe gesny

Metode
Gooi rou rys onder in jou casserol bak. Gooi gevriesde groente oor. Pak hoeder bo-op die rys en groente mengsel en geur met sout en peper. Sit uie bo-op. Maak pakkie sop aan met water. Gooi bo-oor. Bedek met deksel.
Oond: 150 C
Sit in oond vir ongeveer uur en ‘n half

Advertisements

WORS KOS

Ingestuur deur Niekie Rossouw

ANNEMARIE MILES HEERLIK IN WINTER

BENODIGDHERE:
(ENIGE) WORS GESNY IN KLEIN STUKKIES
1 KOPPIE CHUTNEY
1 KOPPIE TAMATIESOUS
GEMENGDE GROENTE
AARTAPPELS IN KLEIN STUKKIES GESNY
BISTO SOUS

METODE:
BRAAI EERS DIE WORS IN POT GAAR – BIETJIE WATER.
GOOI AARTAPPELS IN.
DAN TAMATIESOUS EN CHUTNEY. – KOOK DIT DEUR.
GOOI NOU GEMENGDE GROENTE BO OP.
VOEG BIETJIE WATER BY AS NODIG
MAAK STADIG GAAR OP STOOF/GAS STOOF
AS GAAR, MENG BISTO SOUS EN GOOI IN. LAAT DIT NOG SO N RUKKIE KOOK.
BEDIEN MET RYS

Simba tjips gereg

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundy

Bestanddele
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham
2 x 375ml gekrummelde skyfies
375ml gerasperde kaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met kaas en skyfies gemeng en bak 15–20 minute

TAMATIE-VLEISGEREG

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 klein ui fyngekap,
sout & peper,
2 ml gemengde kruie,
125 ml broodkrummels,
60 ml tamatiesous,
250 ml gerasperde kaas,
450 g maalvleis,
1 geklitste eier.

Metode
Braai vleis lank genoeg saam met ui totdat dit rooi kleur verloor. Haal van stoof af en voeg alle bestanddele by. Skep in gesmeerde vuurvaste bak en bak 25 min. (200*C)

SONDAG AAND SEEKOS

Hierdie resep kom van Laurna Coetzer af.

My man, Boeta, het gister aand (Sondag) n pak gemengde seekos en een verlore Hake fillet in die vrieskas ontdek, en dis wat hy gedoen het:

Ek noem dit sommer:
SONDAG AAND SEEKOS
Genoeg vir 3 stewige, of 4 klein porsies

BESTANDDELE:
1 Pak Gemengde seekos. (hierdie een was n 700g pak, die wat mens by spar kry is kleiner)
1 Vis Fillet (Hake)in stukkies gesny (Daar is mos gewoonlik nie baie vis in die pak nie, so die Hake het handig te pas gekom.
1 fyngekapte Ui
1 of 2 toontjies knoffel
1 Gedroogde rooi rissie met pitjies, fyn opgesny (opsioneel)
Olyfolie, n goeie skeut
Botter (Margarine), +- 2 eetlepels
1 Eetlepel Suurlemoensap
2 Teelepels Robertson’s se Spice for Fish
Pietersielie fyngesnipper

Gaar Rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)

METODE:
Wanneer die seekos ontdooi is, haal die krap-rolletjies uit en hou eenkant.
In n pan, braai die knoffel, fyngekapte ui en rissie in die olie en botter vir n minuut, moenie verbruin nie.
Roer deurentyd.
Voeg die seekos sonder die krap-rolletjies by. Moenie die stukkies Hake vergeet nie.
Strooi die Spice for Fish oor.

Die krap-rolletjies gaan laaste in (anders word hulle te pap, se Boeta)
(vir die foto het ek die krap-rolletjies in klein ringetjies gesny)
Voeg die suurlemoensap by.
Dit behoort n effense sousie te he, maar as te droog, gooi nog botter en n bietjie olyfolie by.

Bedien met rys (die Basmati was klaar, het toe maar gewone rys gebruik)
Rond af met Pietersielie.

Jy kan natuurlik ook Room bygooi of die resep aanpas na smaak.

(Vir n voorgereg, laat die seekos droog braai, meng met mayo en bedien op blare)

Heerlik!!!! of soos Sjef Jeroen Meus van kanaal 431 se Smaaklik tot more aand!

unnamed (1)

Groete
Laurna

WORS MET APPELRINGE:

Anna Eksteen

Bestanddele
4 stukke wors
1 ui, fyn gekap
65ml botter
2 middelslag appels, geskil en in ringe gesny
suiker

Metode
Braai wors in die helfte van die botter tot gaar en goudbruin. Braai appelringe in ‘n ander pan in res van botter tot net gaar en strooi ‘n bietjie suiker daaroor indien jy hulle eers wil karamelliseer.
Rangskik wors, ui en warm appelringe op ‘n warm opdienbord en sit voor saam met vars volkoring of rogbrood.

Tamatievleisgereg

Bestanddele
1 ui (gekap)
12.5ml kookolie
500g maalvleis
125ml broodkrummels
60ml tamatiesous
1 eier geklits
2ml gemengde kruie
Sout en peper na smaak
250ml Cheddarkaas

Metode
Braai die ui liggies in die olie tot die maalvleis lekker los is en die rooi kleur verdwyn. Verwyder van die hitte en voeg die ander bestanddele by. Roer goed deur. Skep in ‘n gesmeerde bakskottel en bak 25 min.

MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK:

Anna Eksteen

Bestanddele
500 g macaroni (1 pak)
2 groot uie, geskil en gekap
3 eetlepels hoogvol koekmeel
2 koppies melk
2 groot tamaties, geskil/en gekap
4 eetlepels sterk blatjang
2 teelepels gemengde, groen droë kruie
300-g-blik soutbeesvleis, losgebreek
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Metode
Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer. Braai die uie in die botter tot gaar. Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook. Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas. Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie. Meng nou die sous van die macaroni en skep in ‘n oondvaste bak wat gesmeer is. Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar. Die resep lewer sowat ses tot agt porsies.

WORS EN GROENTE GEBAK:

Anna Eksteen
Bestanddele
2 groen soetrissies, in dun repe gesny
2 medium uie, in dun skywe gesny
vet knoffelhuisies, grof gekap
8 kleinerige heel tamaties
10ml gedroogde orego
knippie fyn gedrukte brandrissievlokkies
30ml olyfolie sout en varsgemaalde swartpeper
1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny gaar mieliepap om mee voor te sit

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel oreogo en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig -–indien nodig- om verder te verbruin.) Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor.
Lewer 5 – 6 porsies.

Doodeet worsgereg

Bestanddele
1 ui 1 soetrissie
25ml sonneblomolie
2ml borrie
12,5ml blatjang
knypie peper
410g appelkooshelftes
10ml kerriepoeier
500ml kookwater 
5 ml sout
500g rou boerewors 
375ml rou rys 
grasuie vir garnering (opsioneel) 

Metode
Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor.