Carin se maklike tuna- en rysgereg

RSG

Bestanddele
4 blikkies tuna in water (gooi water af)
1 pakkie gegeurde rys, gaar
4 eetlepels mayonnaise
1 koppie afgeroomde melk
2 uie, opgekap
1 pakkie sampioene, opgekap
4 eiers
Rooipeper na smaak
Aromat na smaak

Metode
Meng alles in ‘n oondvaste houer en bak in voorverhitte oond teen 180 grade vir 45 minute sonder ‘n deksel.

Advertisements

Sara se deurmekaar rys

RSG

Bestanddele
1 blikkie tamatie smoor (of gewone blikkie tamaties)
Hoender filette (of enige hoendervleis)
Rys
Sampioene
Uie
Spek
1 pakkie sampioensop, aangemaak (of sampioensop in blik)

Metode
Braai rys in olie. Voeg tamatie smoor by en maak meer met water om te voorkom dat die rys droog is. Voeg sout by. Maak hoender bietjie gaar in mikrogolfoond. Braai sampioene, uie en spek. Voeg hoender by sampioene en braai bietjie. Voeg rys by gaar hoender en dan die sampioensop.

Lizelle se aartappel en pampoen-gereg

RSG

Bestanddele
Aartappels in skil
Botterskorsie met skil
Uie
Wit uie pakkiesop
Room

Metode
Sit n klein bietjie water in oondvaste bak. Sny aartappel in ringe met skil, sny ook botterskorsie in ringe met skil. Pak aartappels en botterskorsies in lae in oondvaste bak en plaas uie laaste bo-op. Maak uiesop aan met room en gooi bo-oor aartappels.
Bak in oond vir ‘n uur tot uur en ‘n kwart teen 180 grade. (daar is geen pampoen in die gereg nie, ons hou net van die woord Pampoen !)

Groenbone en Sampioene

Liza Bosch

Bestanddele
350 g Groenbone, Franse styl gesny
1 ml Peper
200 g Sampioene, skoongevee en in skyfies gesny
¾ pakkie Sampioen roomsop
5 ml Sout
50 g Margarien
15 ml Suurlemoensap 3 ml Aromat
125 ml Melk

Metode
Kook groenbone in soutwater tot sag. Dreineer, geur met peper en hou eenkant. Verhit margarien in ‘n pan en braai sampioene tot sag. Voeg suurlemoensap by en geur met aromat. Sprinkel soppoeier oor en meng goed deur. Voeg melk by en roer tot goed gemeng. Skep groenbone by en prut 10 minute oor lae hitte.

Groenbone Gereg

Retha Liebenberg

Bestanddele
1,2 kg Groenbone
2 Groot Uie
250 g Bacon
1 Groot Pak NikNacks
1 l Witsous (nie te dik nie)
Kaas
Sout en Swart peper

Metode
Kook bone in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Dreineer goed. Sny bacon in stukkies en braai saam met die uie. Meng die bacon mengsel met die bone. Druk die NikNacks ‘n bietjie fyn en meng met die bone. Gooi nou die witsous oor en meng. Gooi sout en peper oor na smaak en meng weer. Strooi die kaas oor. Bak ‘n paar minute in ‘n matige oond totdat die kaas gesmelt het.

Brood en Kaasgereg

Annetjie Cilliers

Bestanddele
8 snye brood
50ml botter of margarien
40ml Marmite
4 eiers
500ml melk
5ml sout
1ml peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
2 tamaties, in skywe gesny
1 groen soetrissie, in ringe gesny
50ml gerasperde kaas

Metode
Stel die oond op 180C. Smeer die brood met die smeer en die Marmite. Sny die brood in blokkies. Klits die eiers, melk, sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper saam. Smeer ‘n oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter. Rangskik die helfte van die brood blokkies op die bodem. Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood. Strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae. Gooi die melkmengsel bo-oor en laat week 20 minute lank. Bak vir 30 minute lank in die vooraf verhitte oond.

Pasta Gordon Boer

Lochner de Kock

Bestanddele
3 Tamaties
1 Soetrissie
‘n Vuis vol Fetakaas
‘n Vuis vol Parmesaankaas
1 t Vars fyn rooirissie
1 Blikkie Ansjovis met sous
Vars Swartpeper
Sout na smaak
‘n Goeie Koppie vars kruie
vars knoffel
½ k Olyfolie
enige pasta

Metode
Kap die hele lot in rofweg saam, voeg olyfolie by en hou eenkant. Kook pasta tot amper gaar, dreineer en skud op met ‘n klont of twee botter. Geur met sout en peper na smaak. Roer die mengsel deur die pasta en laat vir 30 minute staan. Skep in sopborde, verhit in oond of mikrogolf. Bedien net so met brood om die sous op te vee.

Brood gereg

Bestanddele
5 Snye Witbrood
Margarien om brood mee te smeer
2 k Cheddarkaas
3 Eiers
Tamatiesous
2 k Melk
1 t Sout
Rooipeper
Mosterd

Metode
Smeer brood met margarien en mosterd. Sny die brood nou in kwarte. Klits die eiers en voeg nou die sout, melk en rooipeper by. Rangskik die brood in bak. Gooi helfte van die kaas oor die brood. Gooi nou die melkmengsel oor en laat ‘n rukkie staan. Bak teen 180° C vir 45 minute. Strooi die res van die kaas oor en gooi tamatiesous oor. Sit terug in die oond en laat die kaas smelt.

Wenke
Oorskietvleis of kouevleis kan versnipper word en oor die brood gegooi word en daarna kan die kaas oorgestrooi word en dan die melkmengsel.