Kalkoen In Die Weber:

Lynette Muller

Wie hou nou nie van ‘n lekker sappige stukkie kalkoen nie. Hy is perfek as die velletjie so krakerig is saam met ‘n lekker glasie wyn. Een groot kalkoen is nodig vir hierdie resep.

Bestanddele
500 g sagte botter
hand vol tiemie
roosmaryn
salie en pietersielie gekap
5 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
3 heel suurlemoene, gehalveer
500 ml hoenderaftreksel
6 rooi-uie, in kwarte gesny
4 knoffelknolle, in breedte gehalveer

Metode:
Meng botter, kruie, knoffel en sap en skil van suurlemoen. Maak vel op kalkoen se bors los met jou vingerpunte. Druk helfte van bottermengsel onder vel in en versprei eweredig. Sit halwe suurlemoene in kalkoen se karkas en bind bene stewig aan mekaar vas met kombuistou. Sit die kalkoen in ‘n oondpan wat in ‘n Weber sal pas en smeer die res van die bottermengsel oor. Gooi die aftreksel, rooi-uie en halwe knoffelknolle in die pan.

Sit dit in die Weber met medium-warm kole en plaas die deksel bo-op. Die gaatjies van die Weber moet half oop wees, anders smoor die kole dood. Laat dit stadig bak vir 3 uur. Maak elke uur oop en skep van die pansouse oor kalkoen. Jy sal ook ‘n aparte vuur moet maak vir ekstra kole om elke uur die kole in die Weber aan te vul. Om te kyk of kalkoen gaar is, druk ‘n mes in op die dikste deel van die vleis by die dye. Hou in vir 15 sekondes. As die mes se punt baie warm is en die sap wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar. Haal uit roosterpan en plaas op opdienbord.

Advertisements
 

Fudge Bruintjies – Brownies – met gesoute geroosterde pekan neute

8 Desember is Nationale Bruintjies dag

Die onstaan van Sjokolade Bruintjies – Brownies

Tipe: Vierkant of staaf
Plek van herkoms: Verenigde State
Hoof bestanddele: Melk, botter, eiers, sjokolade of kakao poeier, suiker
Variasies: Blondie

‘n Sjokolade bruintjie (algemeen bekend as gewoon brownie) is ‘n vierkantige, gebakte, sjokolade-nagereg.
Brownies kom in ‘n verskeidenheid vorme en kan óf fudgerig of koekerug wees, afhangende van hul digtheid.
Hulle kan neute, versiersuiker, roomkaas, sjokolade-splinters of ander bestanddele insluit.
‘n Variasie met bruinsuiker, eerder as sjokolade in die beslag, word ‘n blonde bruintjie of blondie genoem.
Die brownie is aan die einde van die 19de eeu in die Verenigde State ontwikkel en in die VSA en Kanada gewild gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu.

Brownies word tipies met die hand geëet, dikwels vergesel van melk, warm bedien met roomys, bedek met room, of besprinkel met versiersuiker en fudge.
In Noord-Amerika is hulle algemene item in kosblikkies, en ook gewild in restaurante en koffiewinkels

Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Chocolate_brownie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir die gesoute geroosterde pekanneute:
– 1 eetlepel ongesoute botter
– 1 koppie pekan neut halwes
– ½ teelepel seesout

Vir die brownies:
100gram onversoete sjokolade, gekap
1 koppie suiker
3/4 koppie styf gepakte ligbruin suiker
3 groot eiers, kamertemperatuur
2 teelepel vanielje ekstrakt of geursel
1 koppie koek meel
¼ koppie kakao poeier

AANWYSINGS
Voorverhit die oond tot 350ºF (180ºC) en smeer ‘n 12-vierkante brownie-pan of 20cm vierkantige pan.
Vir die gesoute geroosterde pekanneute, smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte en voeg die pekanneute en sout by.
Roer die pekanneute vir sowat 8 minute totdat die pekanneute ‘n heerlike reuk afgee (die sout sal nie oplos nie, maar dit gee ‘n lekker kraak aan die neute).
Verwyder die pan uit die hitte en afkoel terwyl die bruinies voorberei word.

Brownies
Smelt die sjokolade en botter in ‘n medium pot oor medium lae hitte, roer tot dit gesmelt is.
Verwyder die pan van die hitte en klits in die suiker en bruinsuiker direk in die pot in. Klits die eiers een vir een by, dan die vanielje.
Roer die meel en kakao poeier by tot goed gemeng.
Tel 12 pekan neut halwes uit en hou eenkant.
Kap die oorblywende pekanneute grof en voeg by die brownie beslag. Giet die mengsel in die pan en rangskik die pekannehalwes bo-op.
Bak vir sowat 20 tot 25 minute tot die bo kant van die brownies hul glans verloor.
Laat die bruintjies vir ‘n uur afkoel voordat dit uit die pan verwyder word.
Die bruintjies sal tot 5 dae in ‘n lugdigte houer vars bly, en die verbeter eintlik na die 1ste dag.

Bron en foto:  afternoonbakingwithgrandma.com

 

Geroosterde biefstukslaai op ‘n bed van Parmesaankrummels

Genoeg vir 6 persone
400 g gaar biefstuk
130 g parmesaankaas, gerasper
120 g botter
150 g koekmeel
1 wortel, fyn gekap
1 rooibosteesakkie (en 200 ml warm water)
‘n Verskeidenheid blare en kruie
4 radyse, in skyfies gesny
1 appel, fyn gekap
Sap van een suurlemoen
100 ml gevlokte en geroosterde amandels
2 eiergele
200 ml canola olie
Sout en peper na smaak
1 knoffeltoon, fyn gekap
20 ml balsamiese asyn reduksie

Metode:
Vryf die botter en meel saam. Rasper die parmesaankaas in die mengsel en meng goed. Skep dit op ‘n silikoonmatjie en bak teen 180 grade vir ongeveer 8 tot 10 minute. Haal uit die oond en maak dit lekker los met ‘n vurk sodat dit krummels maak. Dit sal verhard as dit afkoel.

Sny intussen die gaar biefstuk in dun skyfies, plaas die appelstukkies in die helfte van die suurlemoensap en kook die gekapte wortel vir ‘n paar minute in rooibosteewater.

Om die Aioli slaaisous te maak:
Gebruik ‘n elektriese menger en meng die knoffel, eiergele en die res van die suurlemoensap goed saam met sout en peper. Gooi die canola olie bietjie vir bietjie by terwyl jy steeds meng totdat die mengsel ligter raak en verdik.

Plaas die biefstuk, appels en wortels saam met die blare op die parmesaankrummels.