Gesondheids-Koringslaai

Magda

Gesondheids-Koringslaai
3 k koring gekook
1½ k vars of ingemakte geel perskes gekap
1½ k vars pynappel gekap
1 k fyn gekapte selery
½ k fyn gekapte groenrissie
¼ k fyn gekapte ui
3 E gekapte pietersielie
½ k rosyne
½ k sonneblomsaad Meng (“toss”) alles saam

Sous
½ k sonneblomolie
2 E suurlemoensap
1 t kerriepoeier + ½ t borrie
1 t Sojasous of ‘worcester’ sous
1 E heuning
Meng bestanddele en gooi oor slaai.

Advertisements

Aartappel Gesondheids Broodjie

Rohanja

Bestanddele
250ml aartappels, fyn gedruk
525ml volgraanmeel
250ml koekmeel
7ml koeksoda
5ml sout
10ml bruinsuiker
500ml ongegeurde lae vet jogurt

Metode
Voorverhit oond tot 180C. Meng die droë bestanddele saam. Vryf die aartappels met die vingerpunte in die droë bestanddele in. Meng die jogurt met die mengsel. Plaas die deeg in ‘n gesmeerde broodpannetjie van 220mm x 100mm. Bak vir 1 uur en 15 minute.

Gesondheidsbeskuit ~ Lekker Een

Maak: omtrent 40
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 45-50 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur: 170 °C

500 g (545 ml) botter
300 g (350 ml) bruinsuiker
2 groot eiers, liggies geklits
500 ml karringmelk
1 kg bruismeel
10 ml bakpoeier
200 g All Bran ontbytkos
500 ml (135 g) semels
150 ml (115 g) rosyntjies
100 ml sonneblomsaad
30 ml sesamsaad
30 ml lynsaad

1 Smelt die botter en suiker saam in ‘n kastrol. Laat dit eenkant afkoel. Gooi die eiers en karringmelk by.
2 Sif die meel, bakpoeier en 5 ml sout saam. Voeg die All Bran, semels, rosyne en sade by. Roer die eiermengsel by. Vorm bolletjies en pak dit langs mekaar in ‘n gesmeerde oondpan. Bak dit vir 45 tot 50 minute in ‘n verhitte oond.