Hoender Verassings

Bestanddele
2 teelepels botter
½ ui, fyngekap
1 sampioen, opgekap
2 teelepels vars tiemie
1 koppie Cheddarkaas, gerasper
1 pakkie spekrepies
4 hoenderborsies, platgekap met vleishamer

Metode
Smelt die botter in ‘n pan.
Voeg die ui, tiemie en sampioen by.
Roerbraai vir 3 minute en verwyder van hitte.
Meng die kaas met die uiemengsel.
Skep die mengsel op die platgekapte hoenderborsie, en rol dit toe.
Vou 2 tot 3 repies spek om die honderrolletjie, en steek vas met ‘n tandestokkie.
Plaas die pakkies in ‘n oondbak, ek bak vir 45 minute teen 140 – 180 grade.

Advertisements

Hoenderborsies

Deur Arina du Plessis

Bestanddele
Olyfolie
6-8 hoenderborsies, sonder vel of been
Sout en vars gemaalde swartpeper
45 ml pesto
Halwe houer ongegeurde roomkaas
2 x 250 g-pakke bladspek
Vars tiemie

Metode
Voorverhit die oond tot 190°C en smeer ’n oondbak met olyfolie. Sit die hoenderborsies tussen twee stukke kleefplastiek en kap elkeen liggies met ’n koekroller tot dit net-net dunner as 1 cm is. Geur aan albei kante met sout en peper en smeer ’n teelepel pesto bo-oor.

Skep ’n groot eetlepel roomkaas bo-op die pesto en rol elke hoenderborsie op sodat die roomkaas in die middel is. Draai twee stukke spek rondom elke porsie hoender. Pak die hoenderrolletjies in die gesmeerde oondbak en bedruip met olyfolie. Geur weer met ’n bietjie sout en vars gemaalde swartpeper en bak vir 20-25 minute tot deurgaar. Sprinkel tiemieblaartjies oor en sit voor. Lewer ses porsies.