Gluten vrye, LCHF, gesonde plaatkoekies

1 Piesang

2 Eiers

1/2 kop of 125ml Amandel meel

1/4 t bakpoeier indien verkies

Meng alles goed. Verkieslik in n voedselverwerker.

Skep ongeveer 2 Eetlepels in n gesmeerde pan op medium hitte..

Heerlike gesonde plaatkoekies.

 

Advertisements
 

Skoonma Ria se pannekoek resep

Pannekoek

My skoonmoeder Ria se resep
Hy werk elke keer.  As die deeg dik raak voeg net bietjie water by.

 

1 Eier
1 Koppie meel
+- 250ml Water  ( Ek begin met 125ml water en voeg by soos nodig)
30ml Olie
Sout na smaak

Klits eier goed.
Voeg water en olie by.
Voeg meel bietjie vir bietjie by.
Laat staan vir ongeveer 30 min voor jy begin bak.

Vir die Gluten vrye opsie gebruik 3/4k Meel
Ek verkies die Gluten Vrye Bruismeel (Self raising flour).
Sit net meer water by om die deeg dunner te maak.