Ertjie Slaai

Magda
Bedien 6 tot 8 mense gemaklik.

Bestanddele
1 x Blik ertjies
1 x Blik botterbone (Die wit groot bone)
1 x Medium ui
1 x Medium Green pepper
¾ koppie mayonaise
½ koppie gedroogte sultanas \ 2 x Piesangs \ Geblikte perskes fyn opgesny
¼ koppie kondensmelk
1 T mosterd poeier opgelos in 2 x T asyn
Sout en suurlemoen pepper na smaak

Metode
Kap nou die ui en green pepper vyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam. Let wel jy kan die saltanas \ Piesang \ Geblikte perskes nie saam gebruik nie, maar jy kan dit om die beurt probeer en elke keer is jou slaai ‘n wenner. As jy die piesangs gebruik, voor jy dit in die res van die bestandele meng gooi net eers ‘n bietjie suurlemoen sap oor sodat die piesangs nie verbruin nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek.

Advertisements