Hanna se spekskiet

RSG

Bestanddele en Metode
Rys
Groenbone, gesny op die Franse manier (skuins)
Stukkies spek, bros gebraai
Gebruik jou eie hoeveelhede en bedien in 3 aparte bakke
Skep op die bord: rys onder, bone bo-op, en spek heel bo!

Advertisements

Groenbone Gereg

Retha Liebenberg

Bestanddele
1,2 kg Groenbone
2 Groot Uie
250 g Bacon
1 Groot Pak NikNacks
1 l Witsous (nie te dik nie)
Kaas
Sout en Swart peper

Metode
Kook bone in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Dreineer goed. Sny bacon in stukkies en braai saam met die uie. Meng die bacon mengsel met die bone. Druk die NikNacks ‘n bietjie fyn en meng met die bone. Gooi nou die witsous oor en meng. Gooi sout en peper oor na smaak en meng weer. Strooi die kaas oor. Bak ‘n paar minute in ‘n matige oond totdat die kaas gesmelt het.

Groenbone en Feta Gereg

Bestanddele
500 ml Groenbone
1 Ui Gekap
12,5 ml margarien
25 ml Koekmeel
2 ml Bruinsuiker
Sout en Peper na smaak
125 ml Suurroom
75 ml Melk
250 g Gekrummelde feta kaas
100 ml Gekrummelde Crisps

Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Kook bone tot sag en dreineer. Braai uie tot bruin en verwyder van hitte en voeg die volgende by: Meel, suiker, sout en peper. Roer melk en room by en hou aan roer tot sous verdik. Meng sous met bone en gooi in oondpan
Strooi feta kaas en crisps oor. Bak tot mooi bruin.

Wenk
Hierdie gereg sal ook heerlik wees indien dit koud voorgesit word.