Maklikke Hoendersop

Lynette Muller

Bestanddele
5 stukkies hoender sonder vel en been
500 ml bevrore groente – vooraf gekook
3e botter
30ml mielieblom
750ml melk
2 blokkies hoendergeur
250ml hoender sonder vel en been
bietjie olie

Metode
Sny die hoender in blokkies. Gooi bietjie olie en botter onder-in verhitte pan. Braai die stukkies hoender in die olie en botter en hou eenkant. Braai die groente in die botter in ‘n kastrol.
Voeg ‘n klein bietjie van die melk by die mielieblom in ‘n aparte bakkie en meng saam sodat daar geen klonte is nie. Voeg die res van die melk by die groente in die kastrol en hou aan roer.
Breek die hoendergeurblokkies in fyn stukkies by die melk en groente en hou aan roer. Voeg die mielieblom en melk by en roer, sodat die mengsel kan verdik. Voeg die gebraaide hoender by die melkmengsel – hou aan met roer.

Advertisements

VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2uie, gekap
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
10ml droë tiemie
10ml droë roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous

Metode
Kook die boontjies omtrent ‘n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met ‘n laag van die boontjiemengsel en strooi ‘n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur ‘n opening in die middel daarvan te maak met ‘n lang mes of lepel. Bedek die pot met ‘n stuk foelie, verseël dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1½-2 uur oor baie lae hitte. Lewer 6 porsies.

Wenk
Hierdie resep hoef nie net in ‘n potjie gemaak word nie maar kan ook in ‘n gewone pot op die stoof gemaak word.

HOENDER-BILTONG-EN-SPEKPOTJIE

Anna Eksteen

Bestanddele Sous
2 hoenderaftrekselblokkies                                            
250ml kookwater
500ml droë witwyn                                                        
250ml blatjang
46g sampioensoppoeier (1 pakkie)                                
5ml gedroogde tiemie
5ml gemengde gedroogde kruie                                    
5ml suurlemoenpeper

Bestanddele Hoender
15ml olyfolie                                                                 
15ml botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies                             
250g spekvleis, gekap
50ml brandewyn                                                            
10ml gekapte knoffel – opsioneel
2 uie, in ringe gesny                                                     
½ groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny                               
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny                                               
12 klein uitjies, heel
250g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf                                       
250ml gerasperde Cheddarkaas
125ml vars, gekapte pietersielle

Metode Sous
Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.

Metode Hoender
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 30 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor.

Een bak ete

Woumarie

Bestanddele
100 g botter
200 ml koekmeel
1,2 L warm melk
’n knippie muskaatneut
sout en swartpeper na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
250 g pasta van jou keuse
250 g spekvleis, in stukkies gesny
500 g maalvleis
125 ml (½ k) gerasperde kaas

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter en voeg die koekmeel by. Verhit terwyl jy deurentyd roer tot die mengsel begin borrel.
Voeg die warm melk bietjie vir bietjie by terwyl jy aanhou roer. Laat prut tot die sous verdik en gaar is. Geur met muskaatneut, sout en peper. Hou eenkant.

Verhit die olie in ’n kastrol, voeg die ui, groen soetrissie en sampioene by en braai tot die uie deurskynend is. Kook die pasta tot al dente, dreineer en hou eenkant. Wanneer die uie gaar is, voeg die spekvleis by en braai tot die spekvleis amper gaar is. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en roerbraai tot dit ook gaar is. Skep ’n laag pasta in ’n oondbak, dan ’n laag van die maalvleismengsel en dan ’n laag witsous. Herhaal die proses en sorg dat jy met witsous eindig. Strooi die gerasperde kaas oor en bak 20 minute.

HOENDER STROGANOFF

Woumarie

Bestanddele
250 g linguini, gekook
10 ml olyfolie
1 rooi ui, in halwe ringe gesny
1 geel en 1 rooi soetrissie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4-6 hoenderborsfilette, in blokkies gesny
sout en peper
20 ml heelkorrelmosterd
500 ml (2 k) Griekse jogurt
Sampioene kan ook bgevoeg word, indien verkies

METODE
Kook die linguini soos op die verpakking aangedui en hou eenkant. Verhit die olie in ’n kastrol en roerbraai die ui, soetrissies en knoffel 2 minute. Voeg die hoenderblokkies bietjies-bietjies by en roerbraai tot gaar. Geur met sout en peper. Wanneer die hoender gaar is, voeg die mosterd en jogurt by en laat prut 5-10 minute oor lae hitte. Jy kan die pasta by die hoender inroer of die hoender oor die pasta skep.

Canneloni met groente

Woumarie
Genoeg vir: 6-8
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele
1 kg gemengde winter-groente
3 ryp tamaties, grofgekap
olyfolie
3 knoffelhuisies, geskil en gekap
3 selderystokkies, gekap
5 ml droë basilie
2 ml droë tiemie
50 ml botter
1-2 rooi-uie, middeldeur en dan dun opgesny
1 boks cannelloni-buisies
80 ml gerasperde cheddar
30 ml parmesaan
roket vir garnering

KAASSOUS
110 ml (100 g) botter
125 ml koekmeel
1 liter melk
100-200 ml gekrummelde bloukaas

METODE
Skil en sny die groente in klein blokkies of stukkies op – ons het pampoen, wortels, witwortels, patat, blomkool en eiervrug, gesout en
afgespoel, gebruik, maar jy kan enige groente van die seisoen gebruik. sit die groentestukkies saam met die tamaties in ’n oondpan.
Gooi lekker baie olyfolie oor. Voeg dan die knoffel, seldery en kruie by en meng goed deur. Bedek met foelie en rooster vir 20 minute in die verhitte oond. Haal die foelie af, roer deur en rooster sonder die foelie vir nog 20 minute of tot die groente karamelliseer en effens geskroei raak.Terwyl die groente in die oond is, kan jy die botter in ’n kastrol verhit. Voeg die rooi-ui by en soteer tot sag.

KAASSOUS
Verhit die botter in ’n kastrol. Voeg die meel by en roer vir ’n minuut tot glad. Haal van die plaat af. Voeg die melk bietjies-bietjies op ’n slag by en roer die heeltyd. Sit terug op die plaat en roer tot verdik. Roer die bloukaas by. Haal van die plaat af en geur na smaak.

Sit alles Bymekaar
Haal die groente uit die oond sodra dit sag is. Voeg omtrent 100-150 ml van die bereide kaassous by. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Skep die groentemengsel in die cannelloni-buisies en pak dit in ’n gesmeerde oondbak sodat hulle netjies langs mekaar lê.
Smeer die gekaramelliseerde uie oor die buisies. Gooi die res van die sous bo-oor om dit oraloor te bedek. Strooi die cheddar en parmesaan oor. Bak in die verhitte oond vir 40 minute of tot die cannelloni sag is. Garneer met roket en sit voor.

MIELIEMEELHAPPIES 

Rika Theron

Bestanddele: 
375 ml melk
375 ml mieliemeel
1 groot ui, fyn gekap
1 groot groen soetrissie, fyn gekap
2 stele seldery, in ringe gesny (opsioneel)
2 medium wortels, in dun ringe gesny
50 ml botter
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
5 – 7 ml sout
5 – 7 ml tiemie
1 ml rooipeper
1 ml neutmuskaat
25 ml suiker
3 ekstra groot eiers, effens geklits.

Metode: 
Voorverhit die oond tot 180°C.  Smeer twee panne van 24 x 24 cm met margarien.  Verhit die melk tot kookpunt in ‘n groot kastrol op die stoof.  Voeg die mieliemeel lepelsgewys by terwyl aanhoudend geroer word.  Meng goed en verwyder dan van die stoofplaat.  Laat effens afkoel.  Soteer die groente in verhitte botter tot effens sag.  Voeg by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Meng die res van die bestanddele, buiten die eiers, goed saam.  Voeg dit beurtelings met die geklitste eiers by die mieliemeelmengsel en meng goed.  Verdeel die mengsel in twee en skep in die voorbereide panne.  Bedek en bak 30 minute lank of tot gaar.  Sny in blokkies en dien warm of koud op saam met tuisgemaakte tamatiesous.

Variasie: 
Skep lepelsvol van die mengsel in verhitte olie en diepvetbraai tot goudbruin en gaar van binne.  Dreineer op handdoekpapier.

Vir ‘n vinnige tamatiesous: 
Gebruik ‘n blik tamatie-en-uiesmoor, geur dit met sout, swartpeper en basielkruid en kook dit af totdat dit nie meer waterig is nie.

SPINASIE PASTEI

Woumarie

Bestanddele
500 g-sak spinasie
300 g maer-lamsmaalvleis
1/4 t tot 1/2 t neutmuskaat, gerasper
1 1/2 t gedroogde origanum
1 medium eier
sout en varsgemaalde swartpeper
50 g fetakaas
4 velle filodeeg, elkeen 32 cm x 38 cm groot
1 t groente-olie

AANWYSINGS:
Bring ’n bietjie water in ’n groot pot tot kookpunt en voeg die spinasie by (in sarsies, indien nodig). Roer en laat dan kook tot dit verlep. Gooi dit in ’n vergiettes uit en los eenkant om af te koel. Sit die pot terug op die plaat en braai die maalvleis tot goudkleurig. Dreineer die vet en hou vleis eenkant.

Voorverhit die oond tot 200°C. Druk alle ekstra water uit die spinasie en kap dit rofweg; gooi dit in ’n groot bak. Roer die maalvleis, neutmuskaat, origanum, eier en genoeg geurmiddels by. Krummel die fetakaas oor en roer effens. Borsel een kant van elke vel filodeeg met ’n bietjie olie en voer ’n losboompan van 21 cm uit met die oliekante na onder. Maak seker daar’s geen gate onder of teen die kante nie. (Die oortollige stukke kan maar oor die kante hang.) Skep die vulsel binne-in en maak die oppervlak gelyk. Bedek die vulsel met die oorhangende deegvelle en frommel die filo lekker op.

Bak die pastei vir 20 minute lank in die oond en maak dan die metaalring van die pan los en haal dit af. Bak vir ’n verdere 10 minute totdat die kante goudbruin is. Bedien warm of teen kamertemperatuur saam met ’n groenslaai.

BLOMKOOL KOEKIES

Woumarie

Bestanddele
1 Blomkool in blommetjies gebreek
2 Groot eiers
½ koppie Gerasperde chedar kaas
½ koppie brood krummels
½ teelepel rooipeper
Olive oil

METODE:
Kook blomkool vir 10 minute tot sag. Dreineer en maak fyn soos kapok artappels. Klits eiers met n vurk en gooi res van die bestandele by en meng met die fyn kool.  Verhit olie in n pan. Bak lepels vol in warm olie. Bak elke koekie so drie minute op n kant.