Elvis Presley se piesang toebroodjies – Mikrogolf resep

Lewer 2 porsies
In Graceland, Memphis, moes Elvis se kok gereeld vir hom van hierdie toebroodjies maak.
‘n Bietjie gouestroop saam met die grondboontjiebotter maak dit éérs lekker.

 

 

 

 

 

4 snye witbrood
botter of margarien
grondboontjiebotter
1 groot, ryp piesang

Smeer die snye witbrood aan weerskante liggies met botter of margarien.
Smeer grondboontjiebotter op 2 snye en plak die oorblywende snye daarop vas om toebroodjies te vorm.
Verhit ‘n verbruiningsbak van 25 x 25 cm 8 minute by 100% krag.
Plaas die toebroodjies in die bak en mikrogolf dít ongeveer ‘n minuut oop by 100% krag tot goudbruin onder.
Keer die toebroodjies met ‘n spaan om en mikrogolf dit weer ongeveer ‘n minuut oop by 100% krag tot goudbruin onder.
Skil en verpulp die piesang.
Skei die snye versigtig sonder om die brood te breek.
Stapel Piesang moes op die grondboontjiebotter en plak die snye weer op mekaar.
Halveer die toebroodjies met ‘n skerp mes en eet dit dadelik.

Advertisements

GRONDBOONTJIE BOTTERKOEKIES

 

250 g sagte margarien
2 k suiker
2 eiers
125 ml grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanielje
2 k koekmeel
2 k klapper
2 k Post Toasties
2 k hawermout
Meng botter en suiker goed en roer eiers by.  Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.  Los koeksoda in melk op, voeg geursel by en roer by bottermengsel.  Voeg res van bestanddele by en meng goed.  Vorm balletjies, druk effens plat met vurk en bak 10 minute by 180ºC.
LEWER 1,5 KG.