Aartappelgebak met Ham

Magda
Genoeg vir 6 mense

Bestanddele
60 ml (4 e) botter
2 groot uie dik gesny
1 knoffelhuisie fyngedruk
125 ml (1/4 k) ham gekap
30 ml (2e) vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart pepper na smaak
neutmuskaat na smaak
7 ml (1 ¼ t) paprika
500 g gaar aartappels in skywe gesny
250 ml (1 k) suurroom
1 ekstra groot eier
150 ml gerasperde kaas

Metode
Voorverhit oond tot 180°C.  Smeer oondpan. Verhit botter en soteer uie daarin tot sag.  Voeg knoffel by en soteer verder.
Voeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en parika by. Voeg aartappels by Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbak. Klits suurroom en eier liggies saam en giet oor. Sprinkel die kaas oor en bak vir 30 minute tot goudbruin.

Advertisements

Maklikste Kersham

Lynette Muller

Hierdie is die maklikste manier waarop ek al ’n ham gaargemaak het en dis altyd heerlik sappig en geurig.

Bestanddele
1 ontbeende Kersham (ongeveer 2 kg)
1 groot baksakkie
500 ml (2 k) appelsap
125 ml (½ k) sterk rooibostee
125 ml (½ k) witwyn of nog rooibostee
1 kaneelstokkie
6 heel naeltjies
4 heel wonderpeperkorrels
6 swartpeperkorrels
Glans-smeersel (opsioneel, as vleis warm geëet gaan word)
*(Enige gekoopte glans-smeersel van jou keuse of meng)
125 ml appelkooskonfyt,
45 ml balsamiese asyn en
30 ml korrelmosterd saam

Metode
Voorverhit oond tot 140 °C. Plaas ham, steeds in die toue-net waarin die slagter of winkel dit verkoop het, in die baksakkie. Die tou help dat die vleis sy vorm behou. Skink die vloeistowwe om die vleis en voeg die speserye by. Bind baksakkie met binddraadjie toe, sodat die sakkie effens gepof staan. Plaas dit op ’n bakplaat en maak seker dat die bopunt van die sakkie nie aan die oondelement raak nie. Knip dit korter indien nodig.Bak 2-2½ ure afhangende van hoe groot die vleis is. Bereken 1 uur per kg vleis, plus nog 20 minute. Onthou, gerookte ham sal altyd pienkerig wees aan die binnekant. Steek met ’n kebabstokkie of toetspen, in die dikste deel van die vleis, as die vleissap wat uit die vleis kom, helder is, is dit gaar.

Om voor te sit:
As vleis warm voorgesit gaan word: verwyder uit sakkie en knip die toue-net versigtig met ’n skêr los. Sny die vetlagie in diamantvormige patroontjies, indien verkies en druk selfs ’n naeltjie in elke blokkie. Verf die glans-smeersel oor. Verhit oond intussen tot 180 °C. Rooster vleis vir 10-15 minute of tot goudbruin, maar wees versigtig dat die smeersel nie brand nie. Smeer dan die volgende dag die smeersel oor en rooster teen 160 °C of net tot die vleis goudbruin en deurwarm is, maar nie uitgedroog nie.

Om ’n vleissous te maak:
Skep enige vet van die vloeistof in die sakkie en verhit vloeistof. Geur na smaak en verdik effens met mielieblom. Iets soos ’n bottel appelpuree is heerlik om die sous mee te verdik en gee ’n heerlike vrugtige geur. Roer ’n bietjie port of sjerrie by en ’n handvol bosbessies (cranberries) of sultanas. Sit warm met vleis voor. As vleis teen kamertemperatuur voorgesit gaan word: Haal vleis uit die oond, maar laat in die sakkie en met die vloeistof rondom eers effens afkoel. Verwyder die vetlaag terwyl die vleis nog louwarm is. Laat vleis dan heeltemal in die vloeistof afkoel en sny in skywe om voor te sit. Teen kamertemperatuur is ’n vrugtige jellie, soos appeljellie of ’n goeie korrelmosterd heerlik.
Anders kan die portreduksie berei en met die skywe vleis voorgesit word. Die volgende dag is koue ham met mosterd, agurkies, slaaiblare en selfs iets soos gekaramelliseerde uie ’n wenkombinasie. Dieselfde bestanddele kan self in enige orige koeskoes ingemeng word vir ’n ligte ete.

MAKLIKE OONDGEREG

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
2 e olie,
2 uie, in skywe gesny,
2 knoffelhuisies, gekneus,
400 g gerookte ham, in blokkies gesny,
2 e koekmeel,
600 ml groente-aftreksel,
600 g bevrore wortels,
250 g bevrore groenbone,
410 g blik cannelliniboontjies.

BOLAAG:
120 g droë broodkrummels,
60 g cheddarkaas,
2 e gevlokte amandels.

METODE
Verhit oond (180°C). Soteer uie en knoffel vir 5 min. in warm olie tot sag en effens verbruin. Roer koekmeel by vir 1 – 2 min. Roer aftreksel geleidelik by en verhit tot kookpunt. Roer wortels en groenbone by. Was en dreineer boontjies. Voeg boontjies en ham by. Skep in oondbak. Meng bolaag se bestanddele en strooi oor gereg. Bak 30 minute tot broodkrummels bros en goudbruin is.

Ham en aartappelskyfie gereg

Wanda-Marie Lundly

Bestanddele
500ml fyn aartappelskyfies (kaas en uie geur)
325ml gerasperde kaas
325ml fyn ham
500ml aangemaakte witsous
5ml mosterd
2 eiers

Metode
Meng die skyfies, kaas, ham en witsous en voeg mosterd by. Gooi in ‘n gesmeerde bakskottel en gooi die geklitste eiers bo-oor. Bak in ‘n matige oond 180C vir 15-20 minute. Bedien met vars broodrolletjies. Lewer 4 porsies

HAMSOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
125 g ham,
2 klein uitjies,
3 ryp tamaties,
sout & peper,
50 ml gekapte pieterselie.

Metode
Verwarm olie in kastrol, voeg gesnipperde ham en gekapte ui by. Soteer stadig tot uie sag is. Voeg gekapte tamaties by. Bring tot kookpunt, verminder hitte en stowe sonder deksel, 5 minute tot sous dik word. Geur met sout & peper. Voeg pieterselie by en meng goed. Geniet saam met jou gunsteling pasta.

Gebakte Heuning & Mosterd Gerookte Ham (Gammon)

         • 4 kg beenlose gerookte ham
• Kruie pietersielie en tiemie
• 2 lourierblare
• 2 uie
• 3 wortels
• 4 selderystingels
• 12 heel naeltjies of meer indien nodig
• Koekmeel, om te sprinkel

• Glans:
• 125 ml Heuning- & Mosterd slaai sous
• 100 ml heuning
• 200 ml bruinsuiker
• 5 ml gemaalde kaneel
• 5 ml gemmer

Plaas die gerookte ham in ‘n groot pot en bedek dit met water.
Laat toe om 5-7 minute stadig te prut om die gammon te verhit en die soutigheid te verwyder.
Voeg die kruie, uie, wortels en seldery by die kastrol by en prut baie stadig vir 2 uur.
Laat dit afkoel vir sowat ‘n uur binne in die vloeistof.
(As jy dit koud bedien, laat dit oornag in die vloeistof rus om te voorkom dat dit uitdroog).
Lig dit sorgvuldig uit die kastrol af en trek die vel af en laat ‘n vet laag agter.
Sny die vet in diamantvorms en druk ‘n nealtjie in die middel van elke diamant en strooi die ham met koekmeel, druk dit liggies vas.
Sit die ham, vetkant, in ‘n groot bakplaat wat 2 cm water bevat.
Bring die Heuning & Mosterd, Heuning, Suiker en speserye in ‘n kastrol tot kookpunt, roer tot die suiker oplos en die mengsel goed deurgekook is.
Bak vir ‘n halfuur by 180 ° C, smeer elke 10 minute met die glans sous gedurende.
Versier met versglansde kersies en bedien warm of koud.

Resep: knorr.co.za

BROODJIES VIR BAKVISSIES

Rika Theron

Bestanddele
4 ronde broodrolletjies,
125 g kaas,
100 g ham,
1 klein ui,
1 klein blikkie sampioene,
2 eiergele,
klein knippie elk van sout, peper, paprika en suiker.

Metode
Sny bo-korsies van broodjies af en hol broodjies uit. Rasper kaas en snipper ham. Skil ui en kap fyn. Meng alles saam met geklitste eiergele en smaakmiddels. Skep mengsel in uitgeholde broodrolletjies. Bak in ‘n warm oond tot eier gestol en kaas goudbruin is. Garneer broodjies met ‘n takkie vars kruie – pieterselie, dille of seldery.

Corn, ham & pasta bake

 Ingestuur deur Rika Theron

200 g macaroni, 30 ml butter, 1 onion, chopped, 1 green pepper, chopped, 30 ml flour, 500 ml milk, 2 ml mustard powder, 2 ml nutmeg, salt & freshly ground pepper to taste, 200 g ham, chopped, 2 eggs, 1 can whole kernel corn, drained, 125 ml grated cheese.

Cook the macaroni according to instructions.  Drain and set aside.  Heat the butter and saute the onion and green pepper until soft.  Add the flour.  Stir in 375 ml of the milk little by little, until the sauce starts to thicken.  Add the mustard, nutmeg and seasoning to taste.  Add the ham and corn.  Beat the remaining milk and eggs together and stir into the mixture along with the pasta.  Spoon into an ovenproof dish.  Sprinkle cheese on top of macaroni.  Bake in oven (180*C) for 30 minutes.  Serve with salad and tomato sauce.

Pasta gereg in die mikrogolf

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

250ml Pasta
125ml Maalvleis of tuna of spek
1ui gekap
Sampioene
Aromat na jou smaak
60g Sampioensop poeier
500ml Melk

Metode:
Gebruik ‘n lekker diep “Pyrex” bak met deksel.
Meng alles en Mikrogolf dit so vir 20-25min. op “HIGH” laat staan dit vir 5min voor jy dit bedien …n lekker slaai gaan goed af saam met dit.

N.S. ek kook altyd my Pasta eers n rukkie in sout water en voeg dit dan by..maar dit is nie nodig nie net bietjie vinniger