TAMATIE LEKKERTE

Woumarie

Bestanddele
4 kg geskilde tamaties
1 kg gekapte uie
3 kop suiker
2 kop asyn
2 gekapte “greenpeppers”
Kook saam ± 1uur

MENG EN VOEG BY
2 eetl mosterdpoeier
2 eetl Kerrie
2 eetl sout
2 eetl maizena (hoogvol)
2 eetl koekmeel (hoogvol)
1 kop asyn

Opsioneel en Metode
Ek gooi so 1 tl crushed chillies by die daai ekstra Byt !! Kook goed deur.  Skep in bottels. Mens kry 10 botteltjies uit van die mengsel. Gebruik as ‘n braai bygereg, hamburgers, hotdogs, saam met kerrie geregte, sous oor jou gebraaide wors, as sous by jou pap

Advertisements
 

Hamburgers

(4 PORSIES)

Bestanddele
½ koppie bruin basmatirys
200 g laevet-maalvleis
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel soet brandrissiesous
1 ui, fyngekap
hand vol vars pietersielie, fyngekap
1 eier
Himalaja-sout en varsgemaalde peper
4 volgraan-broodrolletjies
slaaiblare van jou keuse
tamatie

Metode
Voorverhit oond tot 200 ºC en bespuit ’n bakplaat met kleefwerende sproei. Kook die rys 15 minute lank of tot gaar. Meng die gaar rys met die res van die bestanddele in ’n bak en laat dit vir 30 minute staan. Vorm vier patties daaruit en bak dit 20 minute lank op die bakplaat sonder om hulle om te draai. Skakel die oondrooster aan om dit mooi bruin te braai. Sit voor op die broodjie. Hou dit gesond deur die botter uit te los en garneer met tamatie en slaaiblare.

 

Peperburger

Dankie vir jou resep Jan
8 Beesvleis Patties
4 Volgraan of Seesam Hamburger Broodjies
1 Groot tamatie
2 Kropslaaiblare vir garnering
Sous:
Gebruik 2 pakkies pepersous en maak aan volgens instruksies op die pakkie.
Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C. Bak die patties in die oond vir 10 minute of braai buite oor die kole vir 8 minute.  Sny intussen die broodjies in twee en smeer met botter. Sny die tamatie in skywe en plaas een op elke broodjie. Plaas die broodjies op die borde en sit ‘n pattie op elke helfte. Skep die pepersous op die broodjies en bedien met gekaramaliseerde uie en aartappelskyfies.