HAWERMOUT KOEKIES MET KAKAO EN KLAPPER

Lynette Muller

Bestanddele
125 gr margarien
500ml suiker
125ml kakao
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2.5ml vaniljie

Metode
Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng die hawermout, klapper en vanilla hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van die mengsel op bakplate en laat afkoel.

Advertisements

SJOKOLADE-HAWERMOUTKOEKIES

Rika Theron

Bestanddele:
125 g botter
125 g bruismeel
125 g bruinsuiker
125 g hawermout
1/2 t koeksoda
1 e gouestroop
12 g melksjokolade
sout.

Metode:
Verhit oond (180°C). Smeer 2 bakplate liggies met botter. Meng meel, suiker, hawermout, sout en koeksoda in ‘n groot bak. Plaas eenkant. Smelt botter en stroop. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Verdeel deeg in 16 stukke en rol elkeen in ‘n balletjie. Pak op bakplate met ‘n bietjie spasie tussen-in en druk effens plat. Bak 15 – 18 minute tot goudkleurig. Laat 3 minute afkoel en plaas op draadrak om heeltemal af te koel. Smelt sjokolade. Verf elke koekie bo en onder daarmee (slegs helfte van koekie) of drup sjokolade oor. Plaas op draadrak en laat sjokolade set. Hou ‘n week lank in ‘n lugdigte houer.

MA SE HAWERMOUTKOEKIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml hawermout
250ml suiker
250ml meelblom
250ml fyn klapper
12.5ml stroop
250ml botter
5ml koeksoda

Metode
Smelt botter en stroop en roer die koeksoda in. Dit moenie te warm wees nie, anders gis alles uit, ook nie te koud nie, anders proe alles na koeksoda (jy weet seker..). Voeg die res van die droë bestandele by. Gooi in lae pannetjies en bak in die oond tot dit bruin is teen 180C. Sny terwyl dit nog warm is.