Hawermout met Bessies

Ingredients
80g Hawermout
200ml Lae Vet melk
150g Gemengde gevriesde bessies ontdooi of vars gemengde bessies
15g Geroosterde amandels
150g Maaskaas of Roomkaas

Method
Kook die hawerrmout met die melk en 300 ml water. Sit deksel op en kook op meduim hitte vir so 3 tot 4 minute terwyl jy gereeld roer. Verdeel die hawermout in twee bakkies en gooi bessies oor. Gooi nou die amndels oor. Bedien met Maaskaas of roomkaas.

Advertisements
 

Ongebakte hawermout sjokolade koekies

Bestanddele
2 k suiker
1 k botter (in blokkies gesny)
½ k melk of water
½ k kakao
2 k hawermout (rou)
2 k klapper
2 t vanilla

Metode
Meng suiker, botter, melk en kakao en roer oor stadige hitte totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Verhoog die hitte en laat die mengsel kookpunt bereik. Kook vir 5 minute totdat dit begin borrel. Meng intussen die hawermout en klapper en hou gereed. Verwyder kakao-mengsel van die hitte en roer die vanilla by. Roer die hawermoutmengsel by en skep lepelsvol in hopies op ‘n gesmeerde bakplaat of skinkbord. Laat koud word en plaas in die koelkas.

 

GRONDBOONTJIE BOTTERKOEKIES

 

250 g sagte margarien
2 k suiker
2 eiers
125 ml grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanielje
2 k koekmeel
2 k klapper
2 k Post Toasties
2 k hawermout
Meng botter en suiker goed en roer eiers by.  Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.  Los koeksoda in melk op, voeg geursel by en roer by bottermengsel.  Voeg res van bestanddele by en meng goed.  Vorm balletjies, druk effens plat met vurk en bak 10 minute by 180ºC.
LEWER 1,5 KG.
 

HAWERMOUT PIESANGBROOD

Baie dankie vir hierdie juweel Retha

Ek hoop dat jy die heerlike resep kan gebruik – dit is heerlik in die kosblik vir kinders en selfs manlief sal dit geniet. Kan dit ook voorsit met ‘n laatontbyt, of kan sommer so in die hardloop gekou word wanneer die tyd min is in die oggend en honger maag roep na iets – heerlik met botter, heuning en selfs grondboontjiebotter. Kan ook in muffin panne gebak word.

HAWERMOUT PIESANGBROOD

2 eiers
250 ml sagte bruinsuiker
50 ml sonneblomolie
50 ml heuning
250 ml hawermout
375 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
125 ml melk
3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk
15 ml vars suurlemoensap

Stel die oond op 180 grade C. Smeer groot of 2 kleiner broodpanne/muffinpanne baie goed met botter of margarien of bespuit met kleerwerende middel.
Klits die eiers, suiker, olie en heuning saam tot dit goed gemeng is.
Gooi die hawermout, meel, bakpoeier, sout, speserye em melk by en meng dit goed.
Roer die piesangs en suurlemoensap by.
Skep die beslag in die broodpan of panne en bak dit 45 minute tot goudbruin en gaar. Laat dit rukkie in pan afkoel en keer dit op draadrakkie uit om heeltemal af te koel.

 

Resep vir Sjokolade Koekies

Estelle Lotter

Bestanddele
125 g Margarien
750 ml Hawermout
500 ml Suiker
250 ml Klapper
125 ml Kakao
5 ml Vanieljegeursel
125 ml Melk

Metode
Smeer ‘n bakplaat met margarien. Meet margarien, suiker, kakao en melk af in ‘n kastrol. Skakel plaat aan op matige hitte. Plaas kastrol op plaat en roer mengsel tot kook. Skakel plaat op lae hitte en laat die mengsel presies 5 minute kook. Haal van plaat af. Roer hawermout, klapper en vanielje by en meng goed. Skep klein klontjies met teelepel op bakplaat terwyl dit nog warm is. Laat staan tot styf en afgekoel is.