Herderspastei ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

Bestanddele
5,5 kg Beesmaalvleis
50 ml Sonneblomolie
1,5 kg Uie, gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Fyn naeltjies
2,6 l Warm vleisaftreksel
500 ml Tamatiepuree
50 g Koekmeel

Aartappel bolaag
2,4 kg Aartappels, geskil en sag gekook
8 ml Fyn neutmuskaat
400 ml Melk
150 g Botter
15 ml Sout

Metode:
Vleis:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die vleis bruin. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die geurmiddels, warm aftreksel en tamatiepuree by. Verlaag die hitte,plaas die deksel op en prut vir 30 minute. Verdik die sous met meelblom en water pasta.

Bolaag:
Druk die aartappels fyn, voeg die res van die bestanddele by en meng deeglik. Skep die vleismengsel in oondpanne en skep aartappel bo-oor. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 48 porsies.

Advertisements
 

HERDERS PASTEI MET BOTTERSKORSIE BOLAAG

Woumarie

BESTANDELE:
10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat

METODE:
Verhit die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
Roer die groente by en geur na smaak.
Voorverhit die oond tot 180˚C.
Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ʼn bietjie water tot gaar.
Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk.
Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
Skep die vleis in ʼn oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor.
Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin.

 

Bredasdorp Herderspastei in ‘n Potjie

Bestandele:
Uie en knoffel
500gr maalvleis
2 tot 3 pakkies tamatie puree
Gedroogte kruie, origanum, roosmaryn, tiemie
1 koppie rooiwyn
2 eetl bruinsuiker
sout en peper

Metode:
Sit die swartpot bo-op vuur, braai uie en knoffel, voeg vleis by, en braai tot bruin. Voeg die tamatie, kruie, wyn, suiker en sout by, roer goed. Maak intussen kapokaartappels met bakpoeier, melk of room, en parmasaankaas, of enige kaas wat byderhand is, pak dit bo-op die vleis in die swartpot. Sit deksel op, en pak gaar kole bo-op deksel. Laat so staan vir 20 minute. Haal deksel af, en geniet dit!

 

Herderspastei

Bestanddele
5 groot aartappels geskil                                                              
1 ui
15ml kookolie                                                                   
500g maalvleis
1 klein blikkie gemengde groente                                            
12.5ml blatjang
Peper                                                                                                    
 1 pakkie sampioensoppoeier
125ml koue water                                                                           
12.5ml margarien
Knippie sout                                                                                      
2ml neutmuskaat
1/2 t Bakpoeier
1 eier geklits in 12.5ml melk    
Melk om by aartappels te voeg                                                     
Paprika opsioneel
Metode
Kook die aartappels in water tot sag. Braai intussen die ui in die olie tot deurskynend. Voeg die maalvleis, gemengde groente, blatjang en peper by. Meng die soppoeier met die koue water en voeg by die maalvleismengsel. Roer goed en sit die deksel op. Kook 20 min. Roer af en toe. Indien die mengsel te droog kook, voeg ‘n bietjie kookwater by. Skep die maalvleismengsel in ‘n gesmeerde oondskottel en hou eenkant. Druk die gaar aartappels fyn en voeg die margarien en melk by. Gebruik genoeg melk in aartappels om die aartappels mooi glad te kry. Meng goed. Voeg die bakpoeier, sout en neutmuskaat by. Meng weer goed. Skep die aartappelmengsel bo-oor die vleismengsel en maak dit gelyk. Giet die eiermelk oor die aartappels en strooi ‘n klein bietjie paprika bo-oor, indien verkies. Bak ± 25 min.