Hoender Pasta Gereg

Ingestuur deur Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
180 ml rou spaghetti
80 g botter
125 ml botter
700 ml warm hoender aftreksel
250 ml vars room
60 ml droë sjerrie
sout en vars gemaalde swartpeper
250 g knopie sampioene, gekerf
1 groen soetrissie, gekerf
600 g gekookte hoerderborsies, in blokkies gesny
50 ml gerasperde Parmesaan kaas

Metode
Kook die spaghetti en spoel dit af. Smelt die botter en voeg die meel by en kook dit vir ‘n minuut. Verwyder dit van hitte. Meng die hoenderaftreksel by, plaas dit terug op die plaat en roer dit totdat dit kook of die sous dik word. Roer die room, sjerrie, sout en peper by. Verwyder dit van die hitte, voeg die spaghetti, sampioene, soetrissie en hoender by. Plaas dit in ‘n oondbak en strooi die kaas bo-oor. Bak in n voorverhitte oond van 180 grade vir ongeveer 25 – 30 minute lank.

Advertisements

Karringmelk hoender

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundly

Bestanddele
4 groot hoenderborsies, effens platter gekap
sout en peper
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) meel
15 ml (1 e) soet paprika
15 ml (1 e) gemengde kruie
olie vir vlakbraai

Metode:
Geur die hoender met sout en peper en plaas in die karringmelk.
Meng die meel, paprika en kruie en geur met sout en peper.
Verwyder die borsies uit die karringmelk en rol in die meel.
Vlakbraai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin en gaar.