Hoender en Patatpotjie

Dankie vir jou resep Jan
No. 2 Pot
8 Hoenderdye
30ml Kookolie
2 Selderystingels gekap
10ml Sout
10ml Varsgemaalde swartpeper
5ml Gemaalde knoffel
5 Groot patats in skywe gesny
8 Wortels in skywe gesny
250ml Droë witwyn
10ml Sojasous
75ml Sagte bruinsuiker
15ml Soetsuur mosterd
10ml Basilikruid

Metode:
Soteer die uie, knoffel en seldery in die olie. Geur die hoender met sout en peper. Voeg by die uie en braai bruin. Pak die groentre in lae in die pot. Meng die wyn, sojasous,bruinsuiker, Mosterdsous en basilikruid saam en giet oor die groente. Bedek en prut oor lae hitte vir 1 uur. Lewer 4 tot 6 porsies.

Advertisements