Hoender en Rysgereg

Dankie vir jou resep Jan

250 ml Rou rys
750 ml Kookwater
4 Hoenderborsies
1 Rooi Soetrissie, in blokkies gesny
1 Groen Soetrissie in blokkies gesny
2 Uie, gekerf
15 ml Matige speserygeur kerriepoeier
5 ml Borrie
5 ml Growwe swart peper
3 ml Sout
2 Hoenderblokkies
50 ml Bladjang
30 ml Olyfolie
5 ml Hoenderspeserye

Metode:
Verf hoender met olyfolie geur met hoenderspeserye, sout en peper. Plaas in ‘n oondpan en rooster in oond vir 15 minute. Sny die vleis in klein stukkies. Soteer die soetrissies en fyngekapte uie in die res van die olie. Plaas die rys in ‘n oondskottel. Los die hoenderblokkies in die kookwater op en gooi oor die rys. Meng die vleis en die res van die bestanddele saam en skep oor die rys. Plaas die deksel op en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 30 minute. Verwyder deksel en bak ‘n verdere 10 minute tot alle oortollige water geabsorbeer is.
Heerlik!

Advertisements

Hoender en Rysgereg ~ Jan

Baie dankie vir jou resep Jan
1 Eetlepel olyfolie
3 hoenderborsies vel en vet verwyder
10ml Droë gemengde kruie
250ml Water
2 Gekapte uie
1 Groensoetrissie gekap
3ml Gemaalde knoffel
3 Eetlepels koekmeel
1 Koppie laevet melk
200g Broccoli in stukkies gesny
10ml Aangemaakte mosterd
5ml Sout
10ml Suurlemoensap
5ml Swartpeper
250g Skroefnoedels
Metode:
Sny die hoender in klein stukkies. Verhit een eetlepel olie in ‘n groot kastrol en braai die hoender bruin. Voeg die kruie en water by. Verlaag die hitte en prut 20 minute. Skep die hoender uit en hou die sous eenkant. Verhit nog ‘n eetlepel olie in die kastrol en braai die ui, rissie en knoffel vir 5 minute. Roer die meel by en dan die vloeistof stadig by om ‘n dik sous te vorm. Roer die melk by en prut vir 5 minute. Voeg die hoender, broccoli, mosterd, ½ teelepel sout, suurlemoensap en swartpeper by. Prut vir 10 minute. Kook intussen die pasta in soutwater tot net sag. Dreineer en roer die res van die olie by. Roer die pasta by die broccoli. Lewer 6 porsies.