Jo se hoender

RSG

Bestanddele
Hoender – sag gekook sonder sout en gevlok
2 pakkies wit uiesop
2 Koppies skulpie noedels (of enige klein noedels) al dente gekook
Hele pak Bacon Kips

Metode
Maak wit uiesop aan soos dun witsous. Bacon Kips moet fyngemaak word. Voeg alles saam met noedels, sit in oondbak, gooi kaas bo-oor en sit in oond tot kaas lekker bruinerig is. (Soos met macaroni en kaas)

Advertisements

Gert se dood spyker-pasta

RSG

Bestanddele
500g penne pasta
4 ontbeende hoenderborsies
1 Ui
Soetrissies – groen, geel en rooi
Mosterdpoeier
Meel
250g “dubbel dik” room
Swart pepper
Kappertjie sade
Olywe
Parmesaankaas

Metode
Kook pasta op gewone manier. Rol hoender in meel en mosterdpoeier, braai, sny dan in repies, haal uit. Braai ui saam met soetrissies, en gooi hoender by. Voeg room en penne by. Maal swartpeper bo-oor en dan kappertjie saad en olywe. Strooi laaste die kaas oor.