Hoendersosaties ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

Bestanddele:
50 Hoenderborsies, ontvel en ontbeen en in 25 mm blokkies gesny
20 ml Sout
100 Piekelui, gehalveer
100 Sosatiestokkies

Kerriemarinade:
10 Groot uie , in ringe gesny
80 ml Sonneblomolie
100 ml Matige Kerrie
20 ml Borrie
1 ½ Liter kookwater
450 ml Appelkooskonfyt
1,2 Liter bruin wynasyn
80 ml Bruinsuiker

Metode:
Sout die hoendervleis en ryg dit om die beurt met die piekeluie op die stokkies en pak hulle in ‘n groot plastiek bak. Giet die marinade oor die sosaties en mariner oornag op ‘n koel plek. Dreineer die sosaties en braai oor matige kole vir 10 minute.

Bedien saammet bruin sampioene met knoffel en aartappel in dieskil gaargemaak met ‘n suurroomsous. Lewer 50 sosaties.

Bruin sampioene met knoffel
50 Bruin sampioene
25 ml Varsgemaalde knoffel
50 ml Suurlemoensap
15 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
250 ml Botter

Metode:
Vee die sampioene af met handoekpapier. Pak hulle in twee groot oondpanne met die stingelkant na bo. Sprinkel knoffel, suurlemoensap, sout en peper oor en stip met die botter. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 20 minute. Lewer 50 porsies.

Advertisements
 

Hoenderdye op Sosatie Penne

Ingestuur der Jan van Niekerk

Robertsons resep

Bestanddele:
12 Ontbeende hoenderdye
15 ml Robertsons Hoender spesery
15 ml Robertsons Gemengde kruie
15 ml Robertsons paprika
45 ml Stek blatjang
30 ml Tamatiesous

Metode:
Sny die vleis van die been en deel in vier stukkies.
Meng al die kruie en speserye saam en vryf die vleis goed daarmee in.
Laat 20 minute staan in die yskas.
Ryg die vleis op die sosatiepenne.
Braai oor matige kole vir 6 minute aan ‘n kant.