Annette se hoendergereg

1 Groot hoender (sag gekook en ontbeen)
½ Pakkie spek (gesnipper)
2 Uie (gekap)
2 Tamaties (geskil en gekap)
2 Soetrissies (green peppers) (gekap)
1 Blikkie sampioene (gedreineer, hou vloeistof eenkant)
1½ Koppies rys
1 Pak hoendernoedelsop
1 Pak hoenderroomsop

Metode:
Braai die spek, uie, tamaties en soetrissies saam Voeg saam met sampioene by hoender
Braai die rys in dieselfde pan
Kook die twee pakke soppoeier in 1 liter vloeistof (vloeistof van sampioene, hoender en ekstra water)
Kook die rys ook ‘n rukkie in die vloeistof
C in oond  Meng alles saam en bak teen 180 totdat rys gaar is

Advertisements

Hoendergereg

Bestanddele
1kg hoender                                                                                     
1 pak groot kaaskrulle
2 koppies melk                                                                 
6 eetlepels koekmeel
3 teelepels Margarien/botter                                                    
1 pak macaroni
Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak
 
Metode
Verhit oond op 180ºC en gebruik ‘n oondvaste bak. Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou eenkant. Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak. Kook die macaroni tot gaar. Skep in lae van macaroni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heel laaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel het. Bedien op met lekker griekse slaai.

Marinda se hoendergereg vir 8

RSG

Bestanddele Kors
1 pakkie Bacon Kips, fyngemaak
Meng dit met gesmelte botter/margarine (2 eetlepels)
Dit is die kors wat in ‘n glas oondbak uitgedruk word

Bestanddele Vulsel
Kook 6 hoender filette in aftreksel,
Benodig ook:
Spek, fyngemaak Sampioene, gesny
4 stingels seldery, opgesny 2 uie, gesny
2 eetlepels mayonnaise 4 eiers, hardgekook
1 koppie cheddarkaas

Metode
Braai uie. Maak hoender fyn meng met bestanddele. Gooi sout, peper en roosmaryn by. Voeg 1 blikkie sampioen roomsop by en kaas bo-oor. Bak 40 minute teen 180 grade Celsius.

Hoendergereg ~ Tannie Babs

Tannie Babs Schutte

Bestanddele
1 Hoender
1 Blik gemengde groente
½ k korente
1 e Kerrie
1 e Maizena (Opgehoop)
Melk
½ k Blatjang
Sout en peper na smaak

Metode
Kook hoender sag met sout en peper. Verwyder die bene. Voeg blik gemengde groente by. Voeg korente by. Meng kerrie en maizena met melk tot pasta. Meng die pasta met blatjang. Meng die pasta nou met die hoender. Kook tot gaar en dien op in mooi bak.