Hoenderpastei ~ Maklike een

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundy

Bestanddele
1 hoender ontbeen
Hoenderspeserye na smaak
Knippie paprika
Sout en peper
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg

Metode
Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by. Voeg
die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook.
Indien dit te souserig is verdik met ‘n bietjie mielieblom – laat lekker deurkook
Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met ‘n bietjie eier
en melk. Bak by 180°C tot bruin.

Advertisements

HOENDERPASTEI Resep 2

1 groot hoender
50 ml olie
2 uie, fyngesny
750 ml kookwater
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
sout, peper en hoenderspeserye
1 pakkie sampioensoppoeier
250 ml koue water

Kors:
450 ml meelblom
4 t bakpoeier
2ml sout
50g margarien
2 eiers
1 k melk

Vulsel:
Sny hoender in stukke.  Verhit olie in groot swaarboomkastrol en soteer uie daarin totdat dit sag en deurskynend is.  Voeg hoenderstukke, aartappelblokkies, geurmiddels en kookwater by, sit deksel op en stowe tot hoender sag is.  Laat hoender droogkook en braai dit dan stadig bruin.  Ontbeen hoender en sny die vleis in blokkies en plaas vleis terug in kastrol.  Meng soppoeier en koue water, voeg by vleis en prut vir 10 minute.  Skep hoendervleismengsel in reghoekige oondskottel.

Kors:
Sif droë bestanddele saam.  Vryf margarien in.  Klits eiers en melk saam en maak meelmengsel daarmee aan tot slap deeg.  Skep lepelsvol deeg op vleis en versprei egalig oor hele bak.  Bak ongeveer 30 minute lank by 180ºC tot gaar en goudbruin.

Hoenderpastei ala Ansie

RSG

Bestanddele en metode
Koop skilferkorsdeeg by die winkel.
Hoender vulsel:
1 &1/2 – 2kg hoender klaar gekook tot sag en ontbeen. Speserye na smaak. (Ek gebruik 1 teelepel suurlemoen peper, en 2 hoender boeljon blokkies in die kook-proses.) 1 groot ui fyngekap. ¾ van 1 x 370 gr botteltjie sandwich spread (Crosse & Blackwell) Hou die hoenderaftreksel. Sny hoender in stukkies. Meng hoender, ui en sandwich spread en hoenderaftreksel deeglik. (Die mengsel moet souserig wees.)

Skep in bak gevoer met pasteideeg. Plaas deeg bo-oor, versier met deeg blare en verf met eiergeel en melkmengsel. Bak ¾ – 1 uur in 180 grade C of 350 grade F tot gaar en goudbruin bo-op. Bedien met bruin rys, ertjies en aartappel of mengelslaai. Die warm sampioen slaai is ook heerlik hierby.