Soet Hoendervlerkies met ‘n Byt

Huisgenoot

Bestanddele
60 ml (¼ k) meel
sout en peper
10 ml (2 t) Cajun-speserye
5 hoendervlerkies
30 ml (2 e) botter
3 jalapeno-rissies, gesny
250 ml (1 k) soetrissiesous
410 g (1 blikkie) Mexikaanse tamaties
45 ml (3 e) water
15 ml (1 e) room

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die meel, sout, peper en speserye.  ebruik die helfte van die mengsel om die vlerkies mee in te vryf en sit 30 minute eenkant om uit te droog. Bestrooi dan met die orige mengsel. Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die vlerkies aan albei kante bruin. Haal uit die kastrol, plaas in ’n oondpan en bak 15 minute in die oond. Voeg die jalapeno-rissies, soetrissie, tamaties en water in die kastrol wat vir die vlerkies gebruik is. Laat prut 5 minute, roer die room by en plaas die hoender terug in die kastrol.
Bron: Huisgenoot

Advertisements

Hoendervlerkies:

10      Hoendervlerkies
250    Ml  Coke
10   Ml  Hoenderspeserye
          Sout En Peper
250    Ml  Rou Rys
500   G  Stir Fry Groente
2       Hoenderekstrak Blokkies
5       Middelmatige Aartappels
Metode:
Braai Hoender Tot Bruin. Strooi Hoender Speserye Sout En Peper Oor. Giet Kola Oor En Kook Vir Ten Minste 20 Minute. Strooi Rys Oor En Plaas Groente Bo-Op. Verbrokkel Die Hoenderekstak Blokkies En Strooi Oor. Sny Aartappels In Kwarte En Pak Bo-Op.Plaas Deksel Op En Kook Vir 1 Uur. Haal Deksel Af

 

Om Effens Droog Te Braai.