HOL VETKOEK :

Joey Hannekom
Bestanddele
5 koppies broodmeel of 1/2 koekmeel en 1/2 broodmeel
1 eetlepel suiker
5 ml sout
15 g kitsgis

Metode
Meng en maak aan met 300 ml louwarm water en 1 eetlepel olyf olie. As dit bietjie droog voel gooi ‘n
groot eetlepel griekse yogurt by of as dit te klam is gooi bietjie meel by. Laat die deeg op n warm plek rys.

NB HOE OM DIE VETKOEK HOL TE KRY:
Jy breek stukke af en rol dit met n rolstok. Wanneer die vetkoek bak dan bly jy warm olie oor gooi.
Jy kan sien as hy bak hoe hy oppof en hol word binne.

Advertisements