Idees vir Jaffels

Lynette Muller

Maak kapokaartappels gegeur met botter, sout en peper na smaak (effens styf) en meng gerasperde kaas daarby. Skep in
snackwichmaker en braai tot goudbruin. Dit is heerlik saam met braaivleis en vertoon baie mooi.

Braai wors en blokkies aartappels met uie tot gaar. (oorskiet kos van vorige aand?) Sny wors in blokkies en meng weer saam met uie en aartappel mengsel. Maak sous van Bisto of soppoeier. Skep lepelsvol op broodjie en plaas in jaffle/snackwich masjien.

Meng tuna met uie, agurkies, groen rissie en mayonnaise.

Neem gaar vleis (bees/lam, enige oorskiet vleis). Sny in blokkies en braai in pan saam met uie, groen rissie. Roer bietjie kerrie en borrie na smaak by.

Kook gemengde groente tot sag (blomkool, broccoli, worteltjies, ertjies, mielies) Braai saam met uie, sampioene en green pepper.
Maak sous bietjie dik met Maizena

Advertisements
 

Oop roosterbroodjies – verskei idees

Suikermeilies & Spekvleis
Kap 4 repe spek fyn & braai tot bros.
Rooster 4 snye brood aan die een kant.
Draai brood om & skep 65ml roomsuikermielies oor elk.
Plaas ʼn kwart van die spekvleis op elk & plaas in die oond teen 180ºC of tot mielies deurwarm is.

Boontjies & kaas
Rooster 4 snye ou brood aan die een kant.
Draai brood om & bedek elk met 65ml gerasperde kaas.
Plaas onder ʼn voorverhitte rooster tot kaas smelt.

Kaas & piesang
Skil 4 ryp piesangs, sny in skywe & braai in warm kookolie tot goudbruin.
Dreineer, meng liggies met 250ml gerasperde kaas.
Sit voor op warm gebotterde roosterbrood.

Ham & pynappel
Smeer aangemaakte mostert op 4 snye brood.
Plaas 4 dun snye gaar ham bo-op.
Dreineer 4 geblikte pynappelringe & plaas op ham.
Vul holtes in elke pynappelring met 15ml blatjang.
Rooster 2 to 3 minute & sit warm voor.

Soutvleis & uie met kaas
Meng 1 blik soutvleis, 315ml gerasperde kaas, 1 groot uie, fyn gekap, sout & peper & 10ml mayonnaise. Bedek 6-8 snye brood of rolletjies. Rooster totdat kaas smelt & sit warm voor.

Brood lekkerte
4 snye rosyntjie brood
4 skywe toebroodjie ham
1 appel, in skywe gesny
Gerasperde kaas

Metode
Rooster die eenkant van die brood en smeer die anderkant met margarien en ‘n bietjie mostert.
Plaas die ham, appel en gerasperde kaas op die ongeroosterde kant en sit onder die oond se boonste element totdat die kaas lekker gesmelt het.