Ingelegde Kerrievis

Lynette Muller
Hoe langer die vis in die kerriesous bly, hoe geuriger word dit. Dit kan op sy eie ’n ligte ete wees, of dit kan voorgesit word as ’n hoofmaal met brood, botter en konfyt.

Bestanddele
1 kg stokvisstukke
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom
2 ekstragroot eiers, geklits
125 ml (½ k) kookolie
Kerriesous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 eetl) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml fyn paprika
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Metode
Plaas visstukke in ’n bak. Indien bevrore vis gebruik word, laat ongeveer 30 minute staan om effens te ontvries. Meng geurmiddels met meel. Rol vis in die gegeurde meel. Verhit ’n braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eier en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant of tot goudbruin. Verwyder uit olie en dreineer.

Sous:
Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute. Plaas die helfte van vis op bodem van ’n diep opdienbak. Giet die helfte van uiemengsel oor. Herhaal met vis en sous en plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek.

Bediening
Bedien die vis met hotcross buns, broodrolletjies of selfs kapokaartappels.

Variasies
Vervang die stokvis deur kabeljou of enige ander vis van jou keuse. Die filette kan in enige groottes of vorms gesny word.
Kruie van jou keuse kan ook bygevoeg word. Speserye soos koljander en komyn kan ook gebruik word.

Advertisements
 

PLAAS KERRIE BOONTJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
2kg vars groenboontjies
500g uie, geskil en in skywe gesny
500ml kokende soutwater
375ml asyn
15ml sout
625ml suiker
30ml kerriepoeier
30ml koekmeelblom

Metode
Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende soutwater. Dreineer. Kook asyn, sout en suiker ‘n paar minute. Meng kerriepoeier en meel met ‘n bietjie water, voeg by asyn mengsel en roer by matige hitte tot dik. Proe net so lepeltjie vol of die sous na jou smaak is, voeg bestanddele by. Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed. Skep ingesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik.

 

Ingelegde blikkie Kerrie perskes met uie

Amanda Struwig

Bestanddele
​1 groot ui
25 ml botter/margarien
125ml wit asyn
25 ml witsuiker
3ml sout
25 ml mielielblom (maizena)
knypie peper
5ml kerriepoeier
5ml borrie
1 groot blik perskeskywe (825g)

Metode
Soteer die ui in die smeer
Meng asyn, suiker, mielieblom, kerrie en borrie deeglik.
Dreineer die perskeskywe
Meng kerriemengsel met die perskestroop en voeg by die uie.
Kook tot dik.
Voeg perskes by en bring weer tot kookpunt.
Bottel warm en verseël dadelik.

Bron en foto http://bottelenbere.weebly.com

 

Ingelegde Noedels

Ingestuur deur Lena

Bestanddele en Metode
Kap saam
1 kg tamaties (12)
1/2 kg uie(4)
2 soet rissies

Kook 500g noedels met 4tl sout en 50 olie tot sag en dreineer.

Kook
500ml suiker
1kp wit asyn
325 ml olie en gekapte mengsel tot sal voeg pasta by en kook vir 5 min
VOEG BY
125 ml maonaise
1/2 desert lp aromat

Bottel warm hoelanger dit staan hoe lekkerder

 

Beet in sous * gebottel

Kook beet sag en sny in blokkies, skywe of rasper.
Kook die volgende:

3 koppies asyn
2 koppies suiker
2 koppies water
1 teelepel sout
1 knippie fyn gemmer (¼ teelepel)
Gooi fyngekerfde ui by kookmengsel.
Voeg gerasperde beet by kookmengsel. Kook weer tot die mengsel begin kook en skep in flesse.
Kurk warm toe.