Kerrie Boontjie slaai

Deur Arina du Plessis

Kerrie Boontjie Slaai

Aangesien ’n mens die slaai kan bottel, gee ek ’n groot resep, wat genoeg is vir sowat 6 flesse van 500 ml elk.

■ Ongeveer 2 kg groenboontjies
■ 3 groot uie, redelik grof gekap
■ 750 ml wit druiweasyn
■ 750 ml suiker
■ 40 ml matige kerriepoeier
■ 15 ml borrie
■ 15 ml seesout
■ 110 ml mielieblom
■ 60 ml water

Maak die groenboontjies skoon en kerf redelik grof.
Sit die boontjies en uie saam in ’n mengbak en bedek met kookwater.
Laat staan vir 10 minute en gooi die water af.
Herhaal die proses nog een keer en dreineer goed.
Verhit die asyn en suiker saam tot kookpunt.

Meng die kerriepoeier, borrie, sout en mielieblom met die water tot ’n pasta.
Voeg ’n bietjie van die warm asynmengsel daarby en roer deur.
Giet alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt, terwyl jy roer.
Voeg die boontjie-en-uiemengsel by die kerriesous en prut stadig vir ’n paar minute tot die boontjies net-net gaar is.

Skep die slaai in gesteriliseerde flesse en verseël onmiddellik met gesteriliseerde deksels.
Laat afkoel en bêre op ’n koel, droë, donker plek.
As jy ’n fles boontjieslaai oopgemaak het, bêre daardie fles in die yskas.
Lewer ongeveer 3 liter slaai.

Met vergunning landbou.com

Advertisements

Ingelegde Noedels

Ingestuur deur Lena

Bestanddele en Metode
Kap saam
1 kg tamaties (12)
1/2 kg uie(4)
2 soet rissies

Kook 500g noedels met 4tl sout en 50 olie tot sag en dreineer.

Kook
500ml suiker
1kp wit asyn
325 ml olie en gekapte mengsel tot sal voeg pasta by en kook vir 5 min
VOEG BY
125 ml maonaise
1/2 desert lp aromat

Bottel warm hoelanger dit staan hoe lekkerder

Kerriebone slaai

Bestanddele
1,8kg groenboontjies
900g uie
Sout
750ml suiker
500ml wit asyn
250ml water
45ml mielieblom
25ml kerriepoeier

Metode
Kook die boontjies, uie en sout tot sag. Kook die asyn, water, mielieblom, kerrie en suiker saam totdat dit gaar is. Voeg nou die boontjies by die asynmengsel en laat dit opkook. Bottel warm.

Soetrissie in Asyn

Bestanddele
750 g Groen Soetrissies
750 g Rooi Soetrissies
8 – 10 geskilde knoffelhuisies
25 ml Sonneblomolie
10 ml Sout
700 ml wit asyn
675 ml water
275 g wit suiker

Metode
Halveer en ontpit die soetrissies. Sny die halwes in breë repe. Bedek die repe met kookwater en dreineer na 5 minute. Pak dit in gesteriliseerde inmaakflesse. Voeg Knoffel, sout en olie eweredig by. Verhit die asyn, water en suiker. Roer die mengsel totdat die suiker opgelos is. Vul die flesse met die kokende vloeistof. Verseël die flesse en maak ‘n halwe draai oop. Plaas in ‘n waterbad en steriliseer die bottels vir 5 minute by 100C. Draai flesse goed toe en bewaar in koel plek.