Jogurt jellie ~ Geskik vir diabete

Hilde Lategan
(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

Bestanddele
20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vetvrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Advertisements

Jogurt jellie

Koekoes Vorster

(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

Bestanddele
20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vet vrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos.
Voeg by jogurt en meng tot glad.

Metode
Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei.
Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas.
Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel.
Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol.
Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Granaat Jelly

 

 

 

 

 

 

 

 

6 klein glasies
30 ml gelatien
500 ml bosbessiesap (cranberry juice), kamertemperatuur
160 g granaat pitte
500 ml jogurt, vanielje geur   nog granaat pitte om bo-op te strooi

Gooi 15 ml van die gelatien in ‘n bakkie.
Gooi sowat 2 tot 3 eetlepels koue water oor en meng.
Plaas dié bakkie oor ‘n bakkie met kookwater.
Die gelatien sal nou smelts
Voeg die granaatpitte by die sap,
Voeg die gesmelte gelatien by die sap en verdeel die mengsel tussen die ses glasies tot halfvol.
Laat die mengsel eers in die yskas stol.
Herhaal dieselfde proses met die ander 15 ml gelatien soos hierbo beskryf.
Voeg die gelatien by die vanieljejogurt.
Vul die glase met dié mengsel en laat in die yskas stol.
Die proses duur sowat 3 uur,
Sprinkel nog granaatpitte oor net voordat jy die poeding voorsit.

Bron: Proe die lekker, Barbara Jouber

Gevormde Kaas slaai (Lizbe Jacobs)

Bestanddele
1 Pakkie Groen Jellie
250ml Kookwater
250 ml Koue water
30 ml Asyn
125 ml Room
50 ml Fyn gekapte Pietersielie
20 g Gekapte Neute
Knypie Rooipeper
250 ml Gerasperde Cheddar Kaas
1 Blik (410 g) fyn Pynappel
Tamatie Blokkies en Gerasperde kaas vir garnering

Metode
Los Jellie op in Kookwater. Voeg Koue water en asyn by. Roer af en toe.
Laat afkoel tot amper gestol. Dreineer Pynappel goed. Voeg al die bestanddele by en meng goed. Smeer vorm met olie. Vorm moet 750 ml groot wees. Gooi mengsel in vorm en laat stol in yskas. Ontvorm die slaai net voor opdiening deur die rand met mes los te maak. Keer slaai op koue opdien bord uit. Strooi tamatie blokkies rondom.
Strooi kaas en Paprika bo-oor.

Wenk
Tamatie garnering kan vervang word met grof gekapte geelwortels. Stukkies Olywe en gekapte agurkies kan ook by kaas mengsel gevoeg word.