HAWERMOUT KOEKIES MET KAKAO EN KLAPPER

Lynette Muller

Bestanddele
125 gr margarien
500ml suiker
125ml kakao
125ml melk
750ml oats
250ml klapper
2.5ml vaniljie

Metode
Meng die margarien, suiker, kakao en melk saam in ‘n kastrol. Laat kook vir 5 minute. Meng die hawermout, klapper en vanilla hierby in en roer tot goed gemeng. Skep lepelsvol van die mengsel op bakplate en laat afkoel.

Advertisements

GEBAKTE KAKAOPOEDING

Anna Eksteen

Die lekker sousie onderin maak eintlik die poeding!

Bestanddele
60ml botter, gesmelt                                                     
185ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanielje
250ml koekmeel
30ml kakao
‘n knippie sout 
10ml bakpoeier
185ml melk

SOUS
125ml sagte bruinsuiker gemeng met, 30ml kakao en 400ml swart koffie

Metode
Stel oond op 180C. Meng botter en suiker saam. Voeg geklitste eier en dan geursel by. Sif droë bestanddele saam en voeg dit beurtelings met melk by bottermengsel. Skep in gesmeerde bak. Sprinkel die bruinsuiker en kakao oor, giet die swart koffie versigtig oor en bak vir sowat 30 minute tot gaar. Geniet warm, of louwarm, met vla of room.

WENK
Sorg dat die vloeistof die deeglaag bedek.

KOFFIEKOEKIES MET KAKAO

200 g botter                                                                       
2 k suiker
2 eiers                                                                                  
4 k meelblom
2,5 ml sout                                                                         
125 ml kakaopoeier
5 t bakpoeier                                                                    
1 t vanielje
swart koffie                                                                       
gesmelte sjokolade
Room botter en suiker.  Klits eiers effens en voeg by.  Sif droë bestanddele en voeg om die beurt met swart koffie by.  Voeg net genoeg koffie by om ‘n hanteerbare deeg te maak.  Voeg vanielje by en meng tot ‘n sagte deeg.  Druk deur ‘n koekiemaker.  Plaas om gesmeerde bakplaat.  Bak vir 10 – 15 min by 190ºC.  Versier met gesmelte sjokolade.