KARAMELGEBRAAIDE HOENDERBORSIES

KARAMELGEBRAAIDE HOENDERBORSIES

Bestanddele
4 – 6 hoenderborsies
Sout en peper na smaak
100 ml tamatiesous
1 teel veggie speserye
60 ml bruinsuiker
100 ml blatjang
60 ml donker sojasous

Metode:
Smeer ‘n bakplaat en plaas die hoenderborsies daarop, geur met bietjie sout en peper en bak dit vir 15 tot 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 200˚C.

Meng die res van die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit tot dit begin prut.

Haal die hoender uit die oond en verf baie van die sous daaroor en plaas in ‘n gesmeerde oondvaste bak.

Plaas dit terug in die oond en bak vir nog 25 tot 30 minute teen 190 °C en bedruip elke vyf minute nog sous oor tot gaar, bruin en geurig gebraai.

Bedien dit saam met loskorrelrys en ‘n slaai van u keuse.

Wenk
Hierdie sous kan ook gebruik word om hoenderporsies te braai op die braairooster. Die hoenderporsies kan eers ‘n bietjie gaar gemaak word voordat dit braairooster toe gaan. Braai dit dan ook stadig sodat die velletjie nie brand terwyl die vleis nog nie deurgaar is nie.
Hou ingedagte: Daar is suiker en blatjang by die bedruipsous. Draai die hoenderborsies gereeld sodat dit egalig bruin braai en nie brand nie.

Advertisements