Karamel Potbrood

Volgende keer as jy braai probeer gerus hierdie tameletjie brood van my:

1kg klaar gekniede deeg (Koop sommer by Spar)
Koppie Karamel suiker
Houer Room

Meng room en suiker en kook tot suiker gesmelt is.

Maak deeg in bolletjies en pak in swartpot.
Gooi gekookte sous bo-oor en laat stadig bak tot gaar.

Jy vreet jou vingers af.

Nardus van der Merwe
Source: www.funkymunky.co.za http://peterjasie.co.za/

 

 

 

Advertisements

2 Bestandele roomys

2 Koppies Room
1 Blik Cuppuchino karamel Kondens melk.
Klop room styf.
Roer die blik kondens melk liggies met n vurk net om die “klonte” glad te kry.
Roer deur die room.
Vries oornag.
Ek het my mengsel in 2 klein lava brood pannetjies gevries.
Dit dop maklik uit en sny skywe af.
Dit was absoluut heerlik.

KOFFIEKARAMELNAGEREG

4 eiers
30 ml brandewyn

1 x 379g blik kondensmelk
700 ml koue, sterk koffie
Klits eiers baie liggies.  Voeg res van bestanddele by en klits om te meng.  Giet in ‘n glasringvorm.  Bedek met kleefplastiek en maak twee gaatjies daarin.  Mikrogolf 16 minute op Ontvries.  Laat afkoel en plaas ‘n paar uur lank in koelkas.  Keer uit en sit voor.

Karamel kaaskoek

Baie dankie vir die resep Okkie

Bestanddele
Kors
500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel
220 gram botter gesmelt

Vulsel
2 houers roomkaas
1 blik kondensmelk & 1 blik karamel kondensmelk
4 eiers
30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
125 ml suurlemoen of lemmetjiesap

Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ʼn 22 Cm veerklamp se boom en kant

Metode
Kors
Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik
Druk ʼn derde van die mengsel op die boom van pan en die res teen die kant
van die pan vas

Vulsel
Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk  suurlemoen en eiers by en
laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors
Bak ongeveer 20 tot 25 minute.
Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word

Karamel Pekanneut Kaaskoek

Bestanddele
200g koekmeel
200g botter
225g ligte- sagte bruinsuiker
450g volroom roomkaas
2 teelepels (10ml) vanilla
3 ekstra groot eiers, geklop
Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
2 eetlepels (30ml) gemengde speserye
300ml room
175g gemengde neute (eie keuse)
50g strooisuiker
Rou suikerboontjies

Metode
Voor verhit oond op 200 ºC. Voer 23cm losboomkoekpan uit met waspapier. Sif 175g koekmeel in ‘n bak en vryf 75g botter in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Roer genoeg water in om ‘n stywe deeg te vorm. Rol uit op meelbestrooide plank in ronde 23cm vorm en dikte om ¾ van die koekpan te vul. Verkoel vir 15 minute. Bak blind vir 10 minute, verwyder bakpapier en boontjies en bak vir nog 10 minute. Verlaag oond temperatuur na 180 ºC. Smelt die res van die botter en klits saam met die oorblywende koekmeel, strooisuiker, roomkaas, vanielje, eiers, suurlemoen (sap en gerasperde skil) en gemengde speserye tot romerig. Skep lepels vol op die koek en bak vir 1 uur. Verwyder van oond en laat heeltemal koud word. Verwyder van pan en plaas op ‘n bord. Klits room tot net styf en skep bo- oor koek. Sprinkel neute oor. Smelt bruinsuiker in ‘n pan tot dit ‘n donker karamel kleur het. Gooi egalig oor neute en laat set in die yskas vir ‘n wyle voor opdiening