Karringmelkpoeding met Suurlemoensous

Bestanddele
2 eetlepels (30ml) botter
210g suiker
4 groot eiers
3 eetlepels (45ml) koekmeel
200ml melk
2 teelepels (10ml) vanilla
50ml vars room
3 koppies (750ml) karringmelk
Knippie sout

Bestanddele Suurlemoensous
3 eetlepels (45ml) suiker
3 teelepels (15ml) mielieblom
2 eetlepels (30ml) Van der Hum likeur
150ml suurlemoensap
2 eetlepels (30ml) brandewyn
90 ml water
1 teelepel (5ml) botter
Knypie sout

Metode
Voorverhit oond tot 180 ºC. Klop die botter en suiker saam en klop dan die eiers een- een by. Meng die melk, vanilla, room en karringmelk. Voeg ‘n knippie sout by die meel en voeg dit beurtelings met die melkmengsel by die eiermengsel. Gooi in ‘n gesmeerde oondvaste skottel en bak vir 1 uur of tot gestol en goudbruin bo- op.

Metode
Suurlemoensous: Meng die suiker, mielieblom, suurlemoensap en water in ‘n kastrol en verhit. Roer aanhoudend tot die mengsel effens verdik. Haal van die plaat af en roer die res van die bestanddele by. Laat afkoel voor gebruik.

Wenk
Sit warm voor met suurlemoensous of met moskonfyt.

Advertisements