KERRIE-EIERS MET MIELIES

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele:
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
olie
10 ml kerriepoeier
300 ml hoenderaftreksel
sap en skil van ‘n halwe suurlemoen
30 ml blatjang
30 ml suiker
1 blik (420 g) geroomde suikermielies
15 ml koekmeelblom
sout & swartpeper
4 – 6 eiers, hardgekook.

Metode:
Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog ‘n bietjie. Giet die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die sap en skil van die suurlemoen by asook die blatjang, suiker en suikermielies. Laat goed kook en verdik dan die sous met meelblom wat aangemaak is met ‘n bietjie water. Voeg die eiers by en verhit tot die eiers deurwarm is. Dien op saam met rys, piesangskyfies, blatjang en klapper indien verkies.

Advertisements